19/09/2022
Kleinbederf is 'n maatskappy met baie liefde.
Hulle produkte bevat net die beste, 100% natuurlike bestanddele, hoogste gehalte essensiële olies en daar is geen skadelike parabene of preserveermiddels bygevoeg nie. Die natuur is werklik ons apteek en die geure van hierdie hemelse produkte stimuleer die reuksintuig op so 'n manier dat hierdie bederf nie net tasbaar is nie, maar ook holisties.
Kom ons fokus op diegene vir wie hierdie klein bederf die grootste bederf gaan wees - babatjies. Omdat hulle velle so sensitief is en die kleinste pH verandering hulle kan laat huil vir 'n myl, is dit so belangrik om sagkens daarmee te werk. D**k aan die genesende eienskappe van rooibos, bokmelk, roos, kaneel en klappermelk en dan weet mens dadelik dat hierdie 'n handelsmerk is wat woordspeel op "klein", want klein mensies is beslis hulle belangrikste klante.
Vir meer inligting of om 'n bestelling te plaas, kontak my gerus.
Celeste Tickner
073 011 4565
www.twobirdscollection.co.za