07/08/2026
https://www.backabuddy.co.za/campaign/lime-acres-community
🙏 ONDERSTEUN ASB. HIERDIE VELDTOG SAAM MET MY 🙏
Hierdie saak lê baie na aan my hart. ❤️
Dit gaan nie meer oor vreemdelinge nie. Dit gaan oor kennismense – mense wie se name ons ken, vriende, familie, ons kinders se klasmaats, kliente en mense wat deel is van ons gemeenskap. Dit gaan oor ’n hele gemeenskap wat deur hierdie krisis geraak word.
By Lime Acres, met die afleggings wat verband hou met Finch Diamond Mine se finansiële probleme en skuldreddingsproses, staan daar nou talle hardwerkende mense voor ’n uiters onsekere toekoms.
Dit is mense wat elke dag opgestaan het en gaan werk het. Mense wat hard gewerk het om vir hulle gesinne ’n beter toekoms te probeer bou. Mense wat verantwoordelikhede het, kinders het, huise het en rekeninge het om te betaal.
Maar skielik is hulle werk nie meer daar nie. 😔
Hulle word gedwing om by die huis te sit, met die bekommernis oor waar die volgende inkomste, die volgende ete en selfs hulle kinders se volgende bord kos vandaan gaan kom.
En die impak stop nie daar nie.
Plaaslike besighede word ook swaar getref. Wanneer mense se inkomste wegval, raak dit die hele ekonomie van ons gemeenskap. Besighede wat reeds sukkel, moet dalk selfs personeel aflê omdat daar eenvoudig nie meer genoeg inkomste is om almal in diens te hou nie.
Dit is ’n groot nood. 🙏
En die hartseer is dat dit nie net ’n paar gesinne raak nie – dit raak ’n hele gemeenskap.
Daarom vra ek jou asseblief: ondersteun hierdie veldtog saam met my. ❤️
Selfs al kan jy nie finansieel help nie, kan jy help deur hierdie boodskap te deel, sigbaar te maak en ander mense daarvan bewus te maak.
Kom ons staan saam met ons mense in hierdie moeilike tyd.
Kom ons wys vir hulle dat hulle nie alleen staan nie. 🤝❤️
Vandag is dit dalk iemand anders se familie… môre kan dit enigeen van ons wees.
🙏❤️ Lime Acres – ondersteun asb.die backabuddy fonds insameling ❤️🙏
Standing Together – Feed a Family in Need A Community Initiative for Lime Acres Help Us Bring Hope to Families in Lime Acres The Lime Acres commun...