19/08/2026
Vandag oor presies 1 maand is dit weer só – ons groot feesdag, die Oesland Basaar! Die besigste, maar ook die mooiste maand lê voor – ’n tyd waar ons as gemeente hande vat, harte oopmaak en saam werk.
Maar bo alles onthou ons: die Here is die hartklop van ons Basaar. Dis Hy wat ons bymekaar bring, ons seën, en ons die vreugde gee om saam fees te vier.
👉 Indien jy nog nie weet waar jy kan help of wat alles wag nie, hou hierdie spasie dop vir opdaterings en geleenthede om betrokke te raak.
As jy gedink het 2025 was besonders – wag net, 2026 gaan nóg groter, nóg geselliger, nóg meer geseënd wees!
Stof daai partytjieskoene af, bring jou gees van diens en dankbaarheid – dis amper tyd om die Oesland-gees te leef, soos net ons gemeente kan!
🩷🧡💚