14/09/2026
🤍 Kom leer my ’n bietjie beter ken!
Ek het gedink dit sal lekker wees om ’n paar klein feite oor die meisie agter Lias Lily Photography met julle te deel. 📸🌿
✨ My naam is Netelien en ek is 21.
✨ Ek is ’n trotse mamma van ’n dogtertjie. 👶🏻🤍
✨ Ek is getroud en familie beteken baie vir my.
✨ Ek is mal oor die see en die mooi plekke rondom ons. 🌊
✨ Ek kan nogal baie praat wanneer ek gemaklik voel. 😂
✨ Ek raak maklik opgewonde oor die klein dingetjies.
✨ Ek het amper altyd ’n nuwe idee wat in my kop rondhardloop. 💭
✨ Ek is baie lief vir babatjies — hulle klein handjies smelt my hart. 🥹
✨ Ek hou daarvan om nuwe dinge te leer en nuwe dinge aan te pak. ✨
✨ Ek is nogal sentimenteel en hou daarvan om spesiale oomblikke te bewaar. 🤍
Elke mens dra ’n unieke storie, en soms vertel ’n foto meer as wat woorde ooit kan. 🤍📸
Ek sal graag die klein oomblikke, groot gevoelens en spesiale stories van julle lewe deur my lens wil vasvang. 🌿