Taani Self-Care

Taani Self-Care Eenvoudig. Met sorg gekies. 🌿

🌿 By Taani gaan dit oor plaaslik gemaakte self-care & geskenke — met sorg gekies om jouself of iemand spesiaal te bederf. 💟

🌿 Bad, lyf & velsorg
🌿 Sojakerse
🌿 Olie-mengsels & balsems
🌿 Geskenke & meer

Plaaslik.

📦Pakkie tyd!Sjoe dit voel asof hierdie pakkie verskriklik lank gevat het om afgelewer te word. My ongeduld het nou in pu...
18/09/2026

📦Pakkie tyd!

Sjoe dit voel asof hierdie pakkie verskriklik lank gevat het om afgelewer te word. My ongeduld het nou in pure excitement verander! Nou wag ek nog net vir die botteltjies en jars. New labels loading🥳

Kyk gerus deur ons katalogus om te sien wat tans beskikbaar is. 💚

Produkte in voorraad, gereed om te stuur + voorafbestellings oop!

https://wa.me/c/27737433783

🌸 Ons Lente-uitverkoping eindig môre! 🌸Gesigroom, Gesigwas & Pienk Klei Masker is reeds uitverkoop! 🎉Daar is nog net bep...
04/09/2026

🌸 Ons Lente-uitverkoping eindig môre! 🌸

Gesigroom, Gesigwas & Pienk Klei Masker is reeds uitverkoop! 🎉

Daar is nog net beperkte voorraad van die produkte hieronder beskikbaar.

Moenie uitmis nie! 😉🌿

Kyk gerus deur ons katalogus om te sien wat tans beskikbaar is. 💚

Produkte in voorraad, gereed om te stuur + voorafbestellings oop!

https://wa.me/c/27737433783

02/09/2026

Kyk die oulik video wat een van my Taani-girls gemaak het!

🌿 Daar is iets so spesiaal daaraan om my eie olies te meng. Dit begin met ’n idee — hoe kan hierdie iemand help? — en da...
02/09/2026

🌿 Daar is iets so spesiaal daaraan om my eie olies te meng.

Dit begin met ’n idee — hoe kan hierdie iemand help? — en dan kom die beplanning, meng, toets en verfyn totdat ek tevrede is.

Ek is mal oor plantolies. Daar is soveel om van te kies, maar om ’n goeie mengsel te skep, gaan vir my oor die regte balans tussen kwaliteit, bekostigbaarheid, hoe dit op die vel voel en die eienskappe van elke olie.

Ek hou ook daarvan dat ek presies weet wat in ’n produk is en waar die bestandele vandaan kom.

En dan is daar natuurlik die klante wat terugkom vir nog. 🤍
Dit is vir my een van die grootste komplimente.

Om te weet dat jy iets wat ek gemaak het só geniet dat jy dit weer en weer bestel — en dat dit deel van jou roetine geword het — maak al die tyd en gedagte wat daarin gaan, die moeite werd. 🌿

Kyk gerus deur ons katalogus om te sien wat tans beskikbaar is. 💚

Produkte in voorraad, gereed om te stuur + voorafbestellings oop!
https://wa.me/c/27737433783

🌿 My doel met TaaniTaani is vir die alledaagse vrou — die een wat dalk net iets eenvoudiger soek. Iets wat maklik is om ...
02/09/2026

🌿 My doel met Taani

Taani is vir die alledaagse vrou — die een wat dalk net iets eenvoudiger soek. Iets wat maklik is om te gebruik, met bestanddele waaroor sy goed voel om op haar vel te gebruik.

’n Klein oomblik van “bietjie na myself ook kyk.” 🤍

Ek wil ’n eenvoudige, bekostigbare self-care reeks aanbied met bestanddele wat ek self graag gebruik — plantolies en ander velvriendelike bestanddele.

Produkte wat maklik saam gebruik kan word, sodat jy ’n roetine kan skep wat by jou en jou vel pas.

En vir my is deursigtigheid oor bestanddele baie belangrik. Ek wil hê jy moet weet wat jy koop en self kan kies wat jy op jou vel wil gebruik.

Eenvoudig. Bekostigbaar. Deursigtig. Met ’n doel. 🤍

Dis Taani. 🌿

Kyk gerus deur ons katalogus om te sien wat tans beskikbaar is. 💚

Produkte in voorraad, gereed om te stuur + voorafbestellings oop!

https://wa.me/c/27737433783

01/09/2026

🌿 Ons topverkoper — Satin Skin Oil

’n Veeldoelige olie vir jou gesig en hande.
Handgemaak in klein hoeveelhede met ’n mengsel van voedende plantolies. 🤍

✨ Paraben-vry
✨ Minerale olie-vry

Eenvoudige self-care, vir elke dag 🌿

🌿 KATOEN GESIG SCRUBBIES’n Eenvoudige, herbruikbare alternatief vir weggooibare watte lappies— perfek vir jou alledaagse...
31/08/2026

🌿 KATOEN GESIG SCRUBBIES

’n Eenvoudige, herbruikbare alternatief vir weggooibare watte lappies— perfek vir jou alledaagse velsorgroetine. 🤍

Gemaak van 100% katoen, met ’n sagte tekstuur. Ideaal vir die verwydering van grimering, die aanwending van toner of om jou gesig te reinig.

✨ Handgemaak met sorg
✨ Herbruikbaar
✨ 100% katoen
✨ Sag op die vel
✨ Stel van 3
✨ Gemaak in Suid-Afrika

Volledige produkbesonderhede is beskikbaar in ons WhatsApp-katalogus:
https://wa.me/p/26561733473477710/27737433783

🌿 Het jy geweet?Essensiële olies is gekonsentreerde aromatiese ekstrakte van plante. Dit word dikwels in velsorg gebruik...
31/08/2026

🌿 Het jy geweet?

Essensiële olies is gekonsentreerde aromatiese ekstrakte van plante. Dit word dikwels in velsorg gebruik om ’n natuurlike, botaniese geur en ’n bietjie ekstra sintuiglike ervaring aan ’n produk te gee. 🌸

Jy sal dikwels olies soos hierdie teëkom:

🌸 Rose Geranium – vars & sag
🌿 Lavender – bekend & kruidagtig
🌳 Frankincense – warm & aards
🌹 Rose – delikaat & floral

Essensiële olies verskil van geurolies (fragrance oils) .

Essensiële olies word van plante verkry, terwyl geurolies saamgestelde geurmengsels is en natuurlike en/of sintetiese aromatiese bestanddele kan bevat.

Omdat essensiële olies gekonsentreerd is, word dit gewoonlik in klein hoeveelhede in velsorg gebruik.

✨ Jy mag ook name soos linalool, geraniol en farnesol op bestanddeellyste sien. Dit is natuurlike geurkomponente wat in essensiële olies voorkom en word afsonderlik gelys wanneer dit vereis word.

En soos altyd — kyk gerus na die bestanddeellys as jy bekende allergieë of sensitiwiteite het, of as jy verkies om geurvrye velsorg te gebruik. 🤍



Kyk gerus deur ons katalogus om te sien wat tans beskikbaar is. 💚
Produkte in voorraad, gereed om te stuur + voorafbestellings oop!
https://wa.me/c/27737433783

🌿🌸 Eden: Floral Fynbos Gegeurde Soja Kers Vars. Lig. Rustig.’n Vars, groen blomgeur met helder bergamot, kiwi en komkomm...
31/08/2026

🌿🌸 Eden: Floral Fynbos Gegeurde Soja Kers

Vars. Lig. Rustig.

’n Vars, groen blomgeur met helder bergamot, kiwi en komkommer, versag met delikate cyclamen en violet. Warm amber gee ’n sagte, rustige afronding wat mooi in die vertrek bly hang.

Perfek om ’n kalm, vars atmosfeer te skep met ’n bietjie inspirasie uit die natuur. 🤍

Volledige produkbesonderhede is beskikbaar in ons WhatsApp-katalogus:
https://wa.me/p/26826734530297758/27737433783

🌿 NAEL & CUTICLE OLIE’n Luukse olie-mengsel vir nael- en cuticle-versorging, wat jou cuticles en die vel rondom jou nael...
31/08/2026

🌿 NAEL & CUTICLE OLIE

’n Luukse olie-mengsel vir nael- en cuticle-versorging, wat jou cuticles en die vel rondom jou naels sag, glad en versorg laat voel. ✨

Gemaak met voedende plantolies, Vitamien E en Bisabolol, met Lavender- & Frankincense-essensiële olies.

✨ Lig en maklik om aan te wend
✨ Help om cuticles sag te laat voel
✨ Laat die vel glad en versorg voel
✨ Ideaal vir alledaagse naelversorging

Rol dit eenvoudig oor jou naels en cuticles en masseer liggies in.

Bevat boomneutolies & essensiële olies.

Volledige produkbesonderhede is beskikbaar in ons WhatsApp-katalogus:
https://wa.me/p/37545776428401859/277337433783

Address

Piketberg

Opening Hours

Monday 09:00 - 18:00
Tuesday 09:00 - 18:00
Wednesday 09:00 - 18:00
Thursday 09:00 - 18:00
Friday 09:00 - 18:00
Saturday 10:00 - 15:00

Telephone

+27737433783

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Taani Self-Care posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share