10/08/2026
๐๏ธ **JOU MEMOIRES | CHRISTINE SHAW**
Wat as die verkeerde trein, โn stukkende kar, โn Lego-blokkie onder die voet en selfs โn verkeerde afdraai eintlik alles deel van jou storie uitmaak? ๐
In hierdie episode gesels ek met **Christine Shaw** โ skrywer, maatskaplike werker, psigometris, motiveringspreker en konsultant vir persoonlike groei en ontwikkeling.
Christine is die skrywer van *Well, This Wasnโt on the Map* en *HOE VER NOG?* โ twee boeke wat jou op โn besonderse manier na jou eie lewensreis laat kyk.
https://spotifycreators-web.app.link/e/RH2B9Gbyu5b
Ons praat oor **vergifnis, wrokke, rigting-hou, herstel, taal en die stories wat ons oor onsself vertel**. En natuurlik oor die gelykenisse en metafore waarmee Christine die alledaagse lewe op verrassende maniere verstaanbaar maak.
Ek het nรก ons gesprek sommer anders gekyk na iets so eenvoudig soos om langs my dogter te staan terwyl sy leer parallel parkeerโฆ ๐๐ Want miskien is dit ook maar โn metafoor vir ouerskap: jy kan nie die stuurwiel oorneem nie โ jy kan net langsaan staan, en hoop sy bly binne die lyne.
En dan die vraag waarmee ek Christine aan die einde laat sit het:
**โEk moes hierdie boeke skryf, omdatโฆโ**
Wat sou jรณรบ antwoord wees?
๐ง Luister na hierdie lekker gesprek oor stories, groei en die kronkelpaaie van die lewe.
๐ *Well, This Wasnโt on the Map* โ Naledi Uitgewers
๐ *HOE VER NOG?* โ Naledi Uitgewers
Naledi Publishing
Naledi Uitgewers / Publishers
๐๏ธ JOU MEMOIRES | CHRISTINE SHAWHoe gemaak as jy te laat agterkom dat jy op die verkeerde trein is? Selfs โn verkeerde afdraai is eintlik alles deel van jou storie! ๐In hierdie episode gesels ek met Christine Shaw โ skrywer, maatskaplike werker, psigometris, motiveringspreker en konsulta...