boekwurm.com.au

boekwurm.com.au Gee jou kind die voorsprong van tweetaligheid! Leer, lees en speel in Afrikaans, internasionaal.

Mense vra gereeld oor Afrikaanse lesse - hier is nog iemand op wie ek vandag afgekom het! Kontak Linmarie Hertzog direk ...
01/05/2026

Mense vra gereeld oor Afrikaanse lesse - hier is nog iemand op wie ek vandag afgekom het! Kontak Linmarie Hertzog direk op Messenger.

Weet julle van mense wat dalk in persoon klasse aanbied in ons groter stede? Deel gerus in die kommentaar!

⬇️

Vir praktiese idees rondom Afrikaans leer in Australië, of vir name van diensverskaffers of hulpbronne, kan julle loer na:

- https://boekwurm.com.au/blogs/boekwurm-blog/hoe-leer-ek-my-kinders-oorsee-afrikaans

- https://boekwurm.com.au/blogs/boekwurm-blog/help-my-tiener-volwasse-kind-wil-nou-skielik-afrikaans-leer

- https://boekwurm.com.au/blogs/boekwurm-blog/lekker-afrikaans

- https://boekwurm.com.au/blogs/boekwurm-blog/kan-n-australier-afrikaans-leer

17/04/2026

Dis skoolvakansie! Wat maak julle alles?
Liefde uit Sydney

Haai daar! .com.au is die tuiste van Afrikaanse boeke in Australië! Ons vriendelike spannetjie hier in Sydney is gereed ...
08/04/2026

Haai daar! .com.au is die tuiste van Afrikaanse boeke in Australië!

Ons vriendelike spannetjie hier in Sydney is gereed om jou te help met die nuutste leesstof!

Bestel lekker leesboeke, werkboeke en opvoedkundige boeke vir oud en jonk 📚👴🏻👶🏽🙋🏻‍♀️ Perfek vir die skoolvakansie.

🛍️ Bestel aanlyn by https://boekwurm.com.au
🚛 Aflewering regoor Australië!

☀️📚Skoolvakansie = Tyd vir baljaar in Afrikaans 🛝Minder gejaag. Meer tyd vir avontuur!Wie onthou hierdie vakansieliedjie...
03/04/2026

☀️📚Skoolvakansie = Tyd vir baljaar in Afrikaans 🛝

Minder gejaag. Meer tyd vir avontuur!

Wie onthou hierdie vakansieliedjie vol pret idees? Blaai vir lirieke!

Skoolvakansie by die huis is natuurlik ook die perfekte kans om Afrikaans deel van elke dag te maak 💛

✨ 10 minute stories lees voor slaaptyd
✨ Liedjies luister en sing
✨ Speletjies en verbeeldingsreise
✨ Kunsvlyt en bak in Afrikaans

Klein oomblikke → Groot taalbou 🌱

By Boekwurm maak ons dit maklik (en lekker!) om Afrikaans lewendig te hou—selfs hier in Australië 🇦🇺🇿🇦

👉 Begin vandag:
www.boekwurm.com.au

Update:Ons hoor dat Showmax uitgefaseer word… 🫨https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2026-03-06-poll-are-you-wor...
26/02/2026

Update:

Ons hoor dat Showmax uitgefaseer word… 🫨

https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2026-03-06-poll-are-you-worried-that-the-end-of-showmax-could-mean-the-end-of-local-stories/

————————————————————

Ons wil weer Showmax in Australië kyk!

Die Kantoor lyk sooooooo goed… en daar is soveel ander fantastiese Suid-Afrikaanse inhoud wat ons hier in die buiteland brand om te kyk 🔥🔥

Maar ongelukkig is dit sedert ~2024 so te sê onmoontlik om dié stroomdiens wettiglik buite Afrika te kan gebruik.

Ons ekspats het dollars, en ons wil die graag dié dollars betaal om die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidbedryf te ondersteun. Maar vir een of ander rede blok Showmax ons 😳

Teken gerus my petisie! 👇🏼

https://c.org/PVmDXdskdd

Oorsee.com - The South African Community App AfriForum Wêreldwyd di

Make Showmax accessible to South African expats abroad

Ek mis vandag die huis… Dankie tog vir hierdie oulike radio-toep - lekker Suid-Afrikaanse klanke en geselsies vir oorses...
19/02/2026

Ek mis vandag die huis… Dankie tog vir hierdie oulike radio-toep - lekker Suid-Afrikaanse klanke en geselsies vir oorsese ore en verlangende harte!

Ek was lanklaas hier op sosiale media… Dis Week 2 vir my as ‘n skoolmamma! My oudste geniet kindy, en ons is baie dankba...
12/02/2026

Ek was lanklaas hier op sosiale media… Dis Week 2 vir my as ‘n skoolmamma!

My oudste geniet kindy, en ons is baie dankbaar vir ‘n goeie skool, nuwe maatjies en oulike (geduldige) personeel.

Maar tussen die nuwe roetine, werk, familie, verjaarsdae, huis, kerk ensomeer, is oefen en boekwurm.com.auu ‘n bietjie van ‘n nagedagte.

Het enige van julle ‘n nuwe lewensfase begin in 2026?

Al raak dit dalk stil op die socials, is ek steeds hier en stuur gereeld Afrikaanse erfenis en boeke regoor Australië! Bestel eenvoudig aanlyn by https://boekwurm.com.au.

Liefde uit ‘n reënerige Sydney,
Jeannie

Enige wenke vir ‘n gladde aandroetine?Elke seisoen being nuwe dinge! Ek vind met die aanpassing tot “groot skool” is my ...
03/02/2026

Enige wenke vir ‘n gladde aandroetine?

Elke seisoen being nuwe dinge! Ek vind met die aanpassing tot “groot skool” is my oudste nou EKSTRA lus vir speel voor slaaptyd. So dis nou minder aanloklik om slaapkamer toe te gaan 🤪

🙂

02/02/2026

Hou jou kinders se Afrikaans lewend, maak nie saak waar in die wêreld julle bly nie

As Suid-Afrikaanse gesin oorsee weet jy hoe vinnig kinders hulle moedertaal kan verloor. Die skool is in Engels, die maatjies praat Engels, en voor jy weet antwoord hulle jou net in Engels terug.
RecruitZA Afrikaans verbind jou kinders met gekwalifiseerde Afrikaanse onderwysers vir persoonlike aanlyn lesse. Alle onderwysers word geverifieer en het bewese ondervinding. Lesse word via Zoom aangebied en kan by enige tydsone inpas, sodat dit vir julle gesin werk ongeag of julle in Australië, die VK, Kanada of elders is.

Jy kan ook gereelde vorderingsverslae ontvang sodat jy presies weet hoe jou kind vorder.

Registrasie is gratis. Skep vandag nog 'n rekening, voeg jou kinders se profiele by, en blaai deur ons onderwysers om die regte een vir julle gesin te kies.

Besoek: https://afrikaans.recruitza.global

AfriForum Wêreldwyd | SA Events

21/01/2026

Ek probeer vandag iets memoriseer, so lees hardop: “Seven, three, seven, two, seven, four.”

My byna 3-jarige seuntjie: “Mamma, moenie dit sê nie!”

Ek: “Hoekom?”

Seuntjie: “Want jy moet net Afrikaans praat.”

🤪🤣😉

Gesondheid op ons eerste  🇿🇦 hier in Australië 🇦🇺!✅ Dis 2026🤪 Ons is terug by die werk😵‍💫 Die kinders is nog met vakansi...
15/01/2026

Gesondheid op ons eerste 🇿🇦 hier in Australië 🇦🇺!

✅ Dis 2026
🤪 Ons is terug by die werk
😵‍💫 Die kinders is nog met vakansie…

En ons is dankbaar vir ons lewens, ons gesondheid, en al die voorregte wat ons daagliks geniet.

Vir dié van julle wat nuut hier is…

Ek is Jeannie, en ek woon al sedert 2018 in Sydney. My man, Kieran, is hier gebore, en het sedert ons ontmoeting in 2017 Afrikaans geleer. Ons en ons 2 seuntjies speel, leer en kuier daagliks in hierdie raaksê-taal!
com.au is dus in 2026 steeds my passieprojek vir Afrikaans hier in die buiteland.

Dis sterk op my hart om gesinne te bemagtig om ‘n band met ons taal en erfenis behou. Boekwurm doen dit deur gehalte Afrikaanse leesstof en leermateriaal beskikbaar te maak.

Ek is ook lief daarvoor om met Afrikaanse gesinne hier in Australië kennis te maak, en julle stories te hoor. So stuur ‘n boodskap, en laat weet ‘n bietjie wat julle storie is!

As jy op soek is na Afrikaanse leesboeke vir oud en jonk, opvoedkundige boeke, Bybels of dagstukkies, of selfs aktiwiteite en resepteboeke, moet jy inloer by https://boekwurm.com.au.

Ek stuur boeke hier uit Sydney na waarookal jy is in Australië, Nieu-Seeland, Kanada en die VSA!

Liefde en GESONDHEID!
Jeannie

Address

Sydney, NSW
2121

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when boekwurm.com.au posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to boekwurm.com.au:

Share

Category