Kardoesi

Kardoesi Geskenke vir elke geleentheid, groot of klein. Bestel ook vandag nog jou Boerseep by my 💃

Pragtige Cashmere-serpies (Skrif/gebed) R160 elk. Verskeidenheid kleure beskikbaar. Ek bestel D.V. hierdie week.
03/03/2025

Pragtige Cashmere-serpies (Skrif/gebed) R160 elk. Verskeidenheid kleure beskikbaar. Ek bestel D.V. hierdie week.

07/01/2025

Sommer net 'n (belangrike) gedagte, so voor slaaptyd...

Hallo Liefste KardoesiesEk wil glo dat dit baie goed met elkeen van julle gaan en dat julle iewers oor die laaste paar w...
04/01/2025

Hallo Liefste Kardoesies

Ek wil glo dat dit baie goed met elkeen van julle gaan en dat julle iewers oor die laaste paar weke elkeen 'n welverdiende ruskans kon inkry.

By my gaan dit lekker rof, maar ek cope nog met Sy eindelose genade. My kar se enjin het die 5de Desember besluit om te groet. Indien ek die lotto wen (wat ek nooit speel nie), gaan ek die R20 000 bymekaar kan kry vir 'n nuwe een. Ons wasmasjien het 'n paar dae daarna ook gevoel sy is nou moeg gewerk en die versekering gaan nie so gaaf wees om vir ons 'n nuwe een te gee nie. Ons munisipale rekening is SKY HIGH agv 'n gruwelike misverstand die laaste paar maande. So gaan die lysie aan.

Ek probeer elke liewe dag om met 'n glimlag op te staan en die dag aan te pak, chroniese pyn en moegheid of te nie. Life is short en ek wil baie graag die beste van dit maak.

Ek het hierdie drie verskillende temas kalenders (Engele, Blomme & Kerkgeboue) wat ek slegs op bestelling gaan laat druk, Afrikaans of Engels.

A4 @ R170 elk

A5 @ R145 elk

Lekker 10% afslag op bestellings van 10 of meer 💃

Ek kan landswyd courier met Pudo of Pep Paxi, sou iemand wou bestel. Dis 'n BAIE mooi geskenk vir iemand of sommer net om jouself te bederf. Dalk het jy 'n winkel of padstal waar ons hierdie kan verkoop. Gesels met my 😉

☎️ 0734399932

Wat is 'n huis sonder Boerseep?Bestel vandag nog my spesiale afslag-pakket vir Oktober, vir alle skoonmaakdoeleindes ond...
04/10/2024

Wat is 'n huis sonder Boerseep?

Bestel vandag nog my spesiale afslag-pakket vir Oktober, vir alle skoonmaakdoeleindes onder die son.

5L Boerseepgel R70
150g Boerseep R27.50
50g Boerseep paste R10.50 (NUWE PRODUK)

Nou slegs R100!!! Spaar 💰💰💰 op duur skoonmaakmiddels en vervang dit met 100% natuurlike produkte wat werk en DOEKSAG op jou vel is. Ook ideaal vir dié wat sukkel met ekseem 💃

Courier landswyd 🕺

Julle moenie hierdie ene misloop nie! Spaar 💰💰💰 op hierdie lieflike produkte 😍Boksies met pragtige lint is beskikbaar (k...
17/09/2024

Julle moenie hierdie ene misloop nie!

Spaar 💰💰💰 op hierdie lieflike produkte 😍

Boksies met pragtige lint is beskikbaar (klaar verpak) @ OF R20 vir twee botteltjies OF R30 vir vier botteltjies. What a bargain 💃

Kontak my op 0734399932 of Elaine (nr onderaan advertensie).

Courier landswyd 🚚🚚

Soooo... Julie is my verjaardagmaand en hierdie jaar was 'n groot nommer. Nie net dit nie, maar ook is ek nou al vir 4ja...
21/07/2024

Soooo... Julie is my verjaardagmaand en hierdie jaar was 'n groot nommer. Nie net dit nie, maar ook is ek nou al vir 4jaar deel van 'n fantastiese span mense, wie fantastiese produkte verkoop. Ek het Junie/Julie 2020 tydens lockdown aangesluit by hulle en ged**k 'kom ons kyk maar wat gebeur?

Ons produkte het gegroei van letterlik koekies Boerseep, poeierseep (vir gel maak) en Charcoalseep tot maklik 100 nuwe produkte in hierdie tydjie. Hannetjie en Willem se hande staan verkeerd vir NIKS.

Ek verkoop ons immergewilde Boerseepgel tot einde Julie teen 'n super belaglike R10 per liter💃

So of Maandag jou wasdag is, Woensdag, elke dag of Saterdag, warm weer, koue weer, reënweer, in yswater of in 'n stokou wasmasjien, BESTEL NOU‼️‼️

Guys & Girls, ek d**k nie julle besef hoe goed die gel werk nie. Jy kan wasgoed daarmee was (whiter whites and brighter brights), matte, vloere, mure, teëls, baddens, karre en so gaan die lys aan. Jy kan selfs jou visnette met dit was...

Zero chemikalieë en doeksag op jou hande ♥️

Goeiemôre KardoesiesEk weet ek was baie stil die laaste paar maande. Almal sê altyd 'oooeee, die lewe is so besig, ek kr...
12/07/2024

Goeiemôre Kardoesies

Ek weet ek was baie stil die laaste paar maande. Almal sê altyd 'oooeee, die lewe is so besig, ek kry tyd vir NIKSl'. I feel your pain. Daar is dae wat dit voel ek raak nie grond nie. Het nie tyd om gaan piepie nie. Besef 3nm ek het nog niks geëet nie. En so gaan die lys aan.

Ek is so twee en 'n half jaar gelede geskei en bly al 6 jaar by my ouers. Pappa het Augustus 2020 die tydelike met die ewige verwissel (hy was 83) en Mamma is tans 82. Ek versorg haar voltyds, help om my twee kleinseuntjies (amper 9 en 10, albei met gesondheidsprobleme) groot te maak, is in 2012 met Fibromialgie gediagnoseer en probeer Kardoesi aan die gang hou.

Noudat ek al hierdie sit en tik, besef ek eintlik eers HOE ge-bless ek is om al hierdie te kan hê. Elke dag. Pyn is nie lekker nie, maar dit laat my net stywer vasklou aan my Skepper.

Die eintlike rede vir hierdie post vanoggend, is om te sê dat ek besig is om op te staan na 'n lang battle met erger depressie. Verlede winter was vir my die ergste ene wat ek nóg beleef het. Ons het baie gereën gehad hier in Beautiful-Wes en dit was onbeskryflik koud. Die 4 ure load shedding-sessies tot 3x per dag het geensins gehelp nie en ek het al dieper en dieper geval in daardie donker g*t. 'n Groot verskaffer het my lelik gedrop en my met 'n klomp gemors gelos wat ek nou nog nie alles kon uitsorteer nie.

Maar ... Terselfdertyd het my Jesus die een blessing na die ander vir my in my skoot begin neersit. Elke liewe dag. Ek sou sit en wonder waaaaaar gaan ek vandag geld kry vir bietjie petrol, brood, katkos, gas of wat dit ookal was. Dan sal iemand uit die bloute bel om Boerseep-gel of iets te kom koop. Presies hoeveel ek nodig gehad het, soms baie meer.

Dis te veel om nou hier te deel, maar ek gaan julle nog vertel. Het alles neergeskryf.

Ek het 'n nuwe nommer wat ek nou vir besigheid gaan gebruik, ek sal dit netnou gou hier verander. Business Whatsapp. Ek sukkel net nog om alles daar gelaai te kry en om 'n goeie wifi verskaffer met billike tariewe raak te loop. Daar sê Hy so pas vir my 'Binnekort, my Kind'. Dankie Here 🙌

Save groooooooooot asb daardie nommer dat julle kan sien wat ek alles verkoop. Ek gaan super duper hard probeer om dit elke keer hier ook te post. Ek sal gereeld 'specials' doen, veral hierdie maand. Dis nou presies 4 jaar vandat ek Boerseep en ander produkte begin verkoop het PLUS ek word Maandag 50 💃💃💃

Ook baie besig om mooi skinkborde, engele, kalenders vir 2025, ens, ens, ens te maak.

👀 THIS SPACE

Address

Beaufort West
6970

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00

Telephone

+27734399932

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kardoesi posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Kardoesi:

Shortcuts

Share