Boeke op Uys

Boeke op Uys Ek verskaf literatuur, meestal gerig op peuters, kleuters en jong kinders.

My mobiele boekwinkel vanuit Benoni maak dit vinnig en maklik om boeke te bestel en aan te koop teen sakpas pryse, sonder die rondslomp deur stampvol winkels.

24/08/2015

Na 'n lang gespook met slegte gesondheid, het ek besluit om die Mobiele Boekwinkel Boeke op Uys te sluit. Ek gaan verseker al die vriendelike gesiggies by die skole mis, die wonderlike ondersteuning van die skoolpersoneel, en ook die vele uitstallings waar ek betrokke was! Ek het steeds voorraad van verskeie titels, en jul is steeds welkom om my te kontak as jul op soek is na iets. Ek gaan nie meer verder op hierdie blad adverteer nie, en ook nie meer uitstal by skole of funksies nie. Tot weer siens, Die Boeke-Tannie.

24/08/2015

'n Kleuterskool in Brentwoodpark area is op soek na 'n blanke kleuteronderwyser-assistent wat beskikbaar is op flexi-tyd. Kontak gerus vir Lindi by 083 345 9157.

Het 'n vriendin belowe om hierdie met jul te deel! Ek het onlangs hierdie boekie met my 3 & 4 jarige kleuters deurgegaan...
30/07/2015

Het 'n vriendin belowe om hierdie met jul te deel! Ek het onlangs hierdie boekie met my 3 & 4 jarige kleuters deurgegaan, en moet se dat hul soveel beter verstaan waaroor gesprekke met God gaan, en die impak daarvan. Definitief aan te beveel vir ouers wat hul kinders in hierdie opsig wil opbou en stig!

13/06/2015

2 Slaapkamer woonstel te huur vanaf einde Junie 2015. R3,800 huur, water R100 pp, prepaid elektrisiteit en eie gasvoorsiening. Deposito betaalbaar. Skakel Michelle 082 720 4889.

Daar is altyd iets nuuts om te leer, en dan kan ons soveel pret hê daarby! Oulike kleurvolle prente en aktiwiteite om ki...
01/06/2015

Daar is altyd iets nuuts om te leer, en dan kan ons soveel pret hê daarby! Oulike kleurvolle prente en aktiwiteite om kinders gou-gou slimkoppe te maak.

Op hierdie ouderdom is die ontdekkingsreis al verder gevorder, en begin die gedagtes van klein breintjies omtrent oortyd...
31/05/2015

Op hierdie ouderdom is die ontdekkingsreis al verder gevorder, en begin die gedagtes van klein breintjies omtrent oortyd werk. Interessante titels en illustrasies maak van hierdie taak kinderspeletjies om die aandag vasgevang te hou. Selfs Ma & Pa wat voorlees mag weggevoer raak in die oulike vertellinge.

Kinders leer graag deur te speel, hier is 'n wye wêreld van ontdek in die aktiwiteitskategorie.
31/05/2015

Kinders leer graag deur te speel, hier is 'n wye wêreld van ontdek in die aktiwiteitskategorie.

Kom saam op 'n lawwe, lawaaierige rympie-avontuur! Word die koning van die springkasteel, soek goggas in die tuin. Hou '...
30/05/2015

Kom saam op 'n lawwe, lawaaierige rympie-avontuur! Word die koning van die springkasteel, soek goggas in die tuin. Hou 'n seeskulp teen jou oor. Trek snaakse gesigte... of hou 'n wilde, woeste kussinggeveg! Hierdie pragtig geïllustreerde versameling rympies sal enig kleuter se dag opvrolik! R110.00.

Op 'n vroeë ouderdom reeds kan jy 'n verskil maak met literatuur. Daar is soveel opwindende ontdekkingsreise deur verske...
25/05/2015

Op 'n vroeë ouderdom reeds kan jy 'n verskil maak met literatuur. Daar is soveel opwindende ontdekkingsreise deur verskeie fasette van opvoeding in hierdie boekies opgevat. Hul bestaan meestal uit harde kartonblaaie, wat beide skeur- en bytbestand is asook maklik afvee sou dit vuil word.

23/05/2015

Onthou gerus as jy 'n mater is by Madagascar Kleuterskool, Dinsdag is weer besoektyd vir hierdie Tannie by julle skool! En daar is weer volop nuwe leesgenot, so jy sal nie teleurgestel wegloop van ons Boeketafel af nie. Sien julle daar tussen 16:00 - 17:45.

Address

Benoni

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 16:00
Saturday 09:00 - 16:00
Sunday 09:00 - 16:00

Telephone

082 720 4889

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Boeke op Uys posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Boeke op Uys:

Share

Category