Ons Winkel Bethal

Ons Winkel Bethal Met jou ongewensde items kan ons letterlik wonderwerke verrig! Die Ons Winkel skenkingswinkel dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur.

Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse asook gemeenskapshulp beskikbaar. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít rea

liseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Die groot winter-uitverkoping het begin!Alle wintervoorraad in die winkel is 50% af tot 8 Augustus!The big winter sale h...
29/07/2026

Die groot winter-uitverkoping het begin!
Alle wintervoorraad in die winkel is 50% af tot 8 Augustus!

The big winter sale has started! All winter stock 50% off till 8 August!

Wat is in Ons Winkel?
27/07/2026

Wat is in Ons Winkel?

Is jy ñ kranige “doen-dit-selfer”?  Dan moet jy by ons kom snuffelkoop.  Kyk hoe oulik is Ons Winkel Bethal se kliënte!D...
26/07/2026

Is jy ñ kranige “doen-dit-selfer”? Dan moet jy by ons kom snuffelkoop. Kyk hoe oulik is Ons Winkel Bethal se kliënte!

Dié ysterkas het ñ nuwe baadjie gekry.

Are you a seasoned “do it yourselfer”? Then you have to come thrift at Bethal Ons Winkel. Have a look at how impressive our Bethal clients are!

This steel cabinet was given new life!

Wat is dit wat ek hoor?  Die SOET klanke van ñ uitverkoping?What is that I hear?  The sweet sound of a sale?
21/07/2026

Wat is dit wat ek hoor? Die SOET klanke van ñ uitverkoping?

What is that I hear? The sweet sound of a sale?

Maak seker om dié week jou winter-winskopie raak te loop in Bethal se Ons Winkel!Make sure to catch your winter bargains...
20/07/2026

Maak seker om dié week jou winter-winskopie raak te loop in Bethal se Ons Winkel!

Make sure to catch your winter bargains at Ons Winkel Bethal this week!

16/07/2026
Ons winter-verkoping het begin!Vir die tweede week van Julie (11 - 17 Julie) kwalifiseer alle kliënte vir 20% afslag op ...
10/07/2026

Ons winter-verkoping het begin!

Vir die tweede week van Julie (11 - 17 Julie) kwalifiseer alle kliënte vir 20% afslag op alle wintervoorraad.

*Our winter countdown sale has started. For the second week of July (11-17 July) all clients qualify for 20% discount on all winter stock.*

30/06/2026

Ons Winkel Bethal besigheidsure 30 Junie:

13:45-17:00

Happy hour this week only!  Visit the store between 15:30-16:30 to receive 50% off on all stock on hand.Giggel-uur slegs...
29/06/2026

Happy hour this week only! Visit the store between 15:30-16:30 to receive 50% off on all stock on hand.

Giggel-uur slegs hierdie week! Besoek die winkel tussen 15:30-16:30 om 50% afslag te ontvang op alle voorraad in die winkel.

(Onthou die R1 boekverkoping geld steeds! )

Address

13C Clerq Street
Bethal
2309

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

0827640070

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Bethal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Bethal:

Shortcuts

Share