Ons Winkel Bloemgate - Bloemfontein

Ons Winkel Bloemgate - Bloemfontein Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met

gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

12/08/2026
Kom kuier bietjie.
10/08/2026

Kom kuier bietjie.

Ons vier die dames!🌷Winkeleienaars, personeel, vrywilligers, skenkers en kopers.Gelukkige Vrouedag!
09/08/2026

Ons vier die dames!🌷
Winkeleienaars, personeel, vrywilligers, skenkers en kopers.

Gelukkige Vrouedag!

Come see our NEW stock! 🌟 Join the happy shopping experience—you never know what treasures you'll find!
04/08/2026

Come see our NEW stock! 🌟 Join the happy shopping experience—you never know what treasures you'll find!

🚨🎉 GROOT NUUS, BLOEMFONTEIN! 🎉🚨💥 'N REUSE UITVERKOPING HET PAS BEGIN! 💥Dis 'n SPLINTERNuwe maand en ons vier dit met pry...
04/08/2026

🚨🎉 GROOT NUUS, BLOEMFONTEIN! 🎉🚨

💥 'N REUSE UITVERKOPING HET PAS BEGIN! 💥

Dis 'n SPLINTERNuwe maand en ons vier dit met pryse wat jou asem gaan wegslaan! 😍🛍️

🔥 VANAF VANDAG – 4 AUGUSTUS 2026:
👕 ALLE KLERE SLEGS R30 PER ITEM!
🧥 50% AF OP ALLE BAADJIES, JASSE EN PAKKE!

✨ Nou is die tyd om jou klerekas op te kikker sonder om jou beursie seer te maak! Of jy nou inkopies doen vir jouself of die hele gesin – hierdie is 'n aanbieding wat jy eenvoudig NIE KAN BEKOSTIG OM MIS TE LOOP NIE!

📍 Besoek ENIGE Ons Winkel-tak in Bloemfontein en ontdek ongelooflike winskopies teen pryse wat jy nêrens anders sal kry nie!

⏰ MAAR WEES VINNIG! Hierdie spesiale aanbod is slegs geldig tot SATERDAG, 8 AUGUSTUS 2026, of solank voorraad hou!

🚗 Moenie wag nie – bring jou familie en vriende saam en KOM BESOEK ONS VANDAG! 🛒💙

⚠️ Let wel: Trou- en matriekafskeidsrokke is uitgesluit van hierdie aanbieding.

04/08/2026
03/08/2026

🎉🔥 NUWE MAAND = GROOT WINSKOPIES BY ONS WINKEL! 🔥🎉
Dis tyd om jou klerekas aan te vul sonder om jou beursie seer te maak! 😍
📅 Vanaf Dinsdag, 4 Augustus 2026 tot Saterdag, 8 Augustus 2026
👕 ALLE KLERE SLEGS R30 PER ITEM!
🧥 ALLE BAADJIES, JASSE EN PAKKE – 50% AFSLAG!
Hierdie is die perfekte geleentheid om ongelooflike winskopies te kry by albei Ons Winkel-takke in Bloemfontein.
⚠️ Let wel: Trourokke en matriekafskeidsrokke is uitgesluit van hierdie aanbieding.
🏃‍♀️🏃‍♂️ Moenie wag nie – kom vroeg vir die beste keuses! Ons sien uit daarna om jou by Ons Winkel te verwelkom.

Address

Winkel 14, Bloemgate Shopping Centre, Reitsma Street, Brandwag
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27721242246

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Bloemgate - Bloemfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Bloemgate - Bloemfontein:

Shortcuts

Share