23/09/2022
Onthou die veiling ten bate van Sentraal24 en Volksblad se Kersfonds môre (24 September) by die Oorlogsmuseum. Gaan kyk sommer vroeg al van 08:00 af na die mooi voorraad wat onder die hamer gaan kom. Registrasie kan ook van 08:00 af gedoen word. Kunswerke word verkoop en die amptelike veiling begin om 12:00. Onthou die mark wat ook môre by die museum aangebied word!