17/10/2026
🎣 SAPS Nasionale Kampioenskappe 2026 – Bloemhof Sloep 🇿🇦
Van 13 tot 15 Oktober het ek die SAPS Nasionale Kampioenskappe by Bloemhof Sloep gehengel.
Met slegs een toegelate oefendag was daar nie regtig genoeg tyd om ’n volledige Game Plan vas te maak nie. Ek moes dus staatmaak op my eie oordeel, aanpas by die omstandighede en vertrou op kombinasies wat ek weet kan werk.
Dag 1 – E-sone
Ek besluit om op 125 m en 105 m te hengel, met dieselfde aas- en voerkombinasies op albei stroppe.
🎯 My kombinasie:
- Onderste hoek: Harde wit float met SWD.
- Boonste hoek: 2 x Simplicity Onion Floats.
- Voerbal: Simplicity Duiwelsdrek en Caramel+.
Die voer vir die hele kampioenskap was soos altyd: vars Boulyn!🎣
Die vis is traag om aan die byt te kom, en ek kry eers ná 09:00 my eerste vis. Kort daarna loop my diep stok ook. Ek besluit om by my twee afstande te bly en kry daarna ongeveer elke 45 minute tot ’n uur ’n byt.
Die dag eindig met 17 vis vir 29,22 kg, wat my die 1ste plek in my sone besorg! 💪
Dag 2 – A-sone
Dit het die vorige nag redelik baie gereën, maar ek besluit om nie onnodig aan my plan te verander nie. Ek hou by dieselfde afstande en kombinasies, met vars Boulyn as my voer.
Die besluit betaal af, want ek vang *12 vis vir 19,5 kg en behaal weer 1ste plek in my sone! 🔥
Dag 3 – C-sone
Ná twee lang dae se hengel van 07:00 tot 16:00 word die laaste dag net tot 13:00 gehengel.
Ek besluit om steeds by my gevestigde afstande en kombinasies te bly. Die dag lewer 7 vis vir 12,5 kg op, goed genoeg vir *2de plek in my sone.
🏆 *My algehele uitslag*
- Totale vis: 36
- Totale gewig: 61,5 kg
- Sone-uitslae: 1ste, 1ste en 2de
- Algehele posisie: 4de by die SAPS Nasionale Kampioenskappe!
Ek is baie tevrede met die uitslag, veral met die beperkte oefentyd en die uitdagende hengelomstandighede. Dit wys net weer hoe belangrik dit is om by jou plan te bly, vertroue in jou kombinasies te hê en nie paniekerig te raak wanneer die vis stadig byt nie.
’n Groot dankie aan Simplicity vir julle puik produkte waarop ons kan staatmaak wanneer dit regtig saak maak! 💯
En natuurlik, soos altyd, vars Boulyn vir die voer! Wanneer jy vertroue het in jou produkte en jou plan, moet jy net geduldig bly en die werk doen.
Baie geluk aan SAPS KZN met die wen van die Nasionale Kampioenskappe! 🏆
Mossie Mostert