16/09/2026
Konica Minolta Business Solutions is a Proud Sponsor & a Very Proud Cheetahs Supporter!! 😎
🧡🏉 ’N REUSE DANKIE AAN KONICA MINOLTA! 🏉🧡
Alle ware Cheetahs-ondersteuners—hierdie prys is spesiaal vir julle! 🔥
Ons sê baie dankie aan Konica Minolta vir die borg van ’n ongelooflike getekende Cheetahs-rugbytrui vir Pikkieland se jaarlikse raffle!
Hierdie unieke versamelaarsitem, geteken deur die spelers, is beslis ’n moet-hê vir enige trotse Cheetahs-ondersteuner. 🐆🏆 Dit is ’n besonderse prys wat met trots uitgestal kan word!
Aan die span van Konica Minolta: baie dankie vir hierdie ruim borgskap en dat julle bereid is om Pikkieland en ons fondsinsameling te ondersteun. Julle bydrae help ons om ’n beter Pikkieland vir ons Pikkies te skep, en ons waardeer dit opreg! 💙💛
🎟️ Raffle-kaartjies kos slegs R50 elk.
📅 Trekking: 10 Oktober 2026
Gryp jou kans—hierdie kosbare Cheetahs-trui kan dalk binnekort jóúne wees! 🧡🐆
📞 Kontak Pikkieland by 082 618 2510 om jou kaartjies te koop.