Die Skietwinkel

Die Skietwinkel Situated at the corner of Dealesville (R64) and Abrahamskraal Road, Bainsvlei, Bloemfontein.

Dit is met groot dankbaarheid en 'n tikkie hartseer dat ons na 34 jaar die vuurwapenbedryf moet vaarwel roep.Ek, Willem ...
09/10/2024

Dit is met groot dankbaarheid en 'n tikkie hartseer dat ons na 34 jaar die vuurwapenbedryf moet vaarwel roep.

Ek, Willem Botha, het besluit om die winkel te verkoop.

Dankie aan al ons vriende, kliënte (beide gelukkig sowel as ongelukkig) en verskaffers vir julle ondersteuning deur die jare heen.
Aan die duisende tevrede kliënte van regoor die hele Suid-Afrika: Baie dankie vir julle ondersteuning!

Baie van julle sal onthou dat ons begin het in die Sanlam Plaza (Ou FVB-sentrum) met 'n skietbaan en later 'n winkel. Vandaar het ons na die Brandwag Sentrum geskuif, en toe in 2013 na ons huidige perseël in Bainsvlei.

Ons vertrou dat die nuwe eienaars, Safari Outdoor, mooi na julle sal kyk; hulle het verseker die kennis en vermoë.

Nogmaals baie dankie vir almal se ondersteuning, vriendskap en onvergeetlike oomblikke.

Ek is steeds beskikbaar vir hulp en raad.
Kontak my gerus by 082 5575 169.

Met groete,
Willem Botha

Die Skietwinkel sal Saterdag, 31 Augustus 2024, tot 15:00 oop wees!Dit is twee ekstra ure om ons winskope te geniet!10% ...
29/08/2024

Die Skietwinkel sal Saterdag, 31 Augustus 2024, tot 15:00 oop wees!

Dit is twee ekstra ure om ons winskope te geniet!

10% afslag op alle vuurwapens.
15% afslag op algehele voorraad.

Bepalings en voorwaardes geld.

28/08/2024

DRINGEND: AFHAAL VAN GESTOORDE VUURWAPENS / BOEDELWAPENS

Ons doen 'n dringende beroep op al ons kliënte wie vuurwapens by ons laat stoor het, om jul wapens asb. so gou moontlik te kom haal.

Neem asb. kennis dat ons wel net wapens sal kan uitboek indien die lisensie goedgekeur en geldig is.

Kontak 051 444 3590 om reëlings te tref, of stuur 'n e-pos aan [email protected] vir enige navrae.

Die winskope word groter!10% afslag op alle vuurwapens in die winkel!15% afslag op alle ander voorraad in die winkel, so...
20/08/2024

Die winskope word groter!

10% afslag op alle vuurwapens in die winkel!

15% afslag op alle ander voorraad in die winkel, sowel as ons aanlyn winkel!

Besoek ons graag in Bainsvlei, Bloemfontein.
Of besoek www.skietwinkel.co.za

20/08/2024

AANDAG ALLE STUDENTE MET ONVOLTOOIDE VAARDIGHEIDS TOETSE (KURSUS GANGERS)

Ons Assessor tree einde Augustus 2024 af, gevolglik MOET u voor 31 Augustus 2024 u skietopleiding voltooi.

Skakel ons so spoedig moontlik vir verdere reëlings indien u sou belangstel om klaar te maak.
Tel: 051 444 3590

Versprei asb. die woord indien u weet van 'n student wat by ons ingeskryf het.

09/08/2024

Aanpassing tot besigheidsure: 10 Augustus 2024

Weens die rugby sal Die Skietwinkel van 09:00 tot 13:00 oop wees op 10 Augustus 2024.

Moet nie hierdie geleentheid misloop nie!10% afslag op alle voorraad in die winkel, sowel as ons aanlyn winkel. Besoek o...
01/08/2024

Moet nie hierdie geleentheid misloop nie!

10% afslag op alle voorraad in die winkel, sowel as ons aanlyn winkel.

Besoek ons graag in Bainsvlei, Bloemfontein.
Of besoek www.skietwinkel.co.za

Die Tikka Man-Alleen vind volgende naweek plaas, en daar is nogsteeds plek oor!Skryf NOU in - ons gee kans vir die agter...
16/07/2024

Die Tikka Man-Alleen vind volgende naweek plaas, en daar is nogsteeds plek oor!

Skryf NOU in - ons gee kans vir die agterosse oom ook in die kraal te kom! Inskrywings sal oop wees tot na die 20ste vir diegene wat absoluut tot op die nippertjie wag.

Die tyd het aangebreek! Inskrywings vir die TIKKA Man-ALLEEN 2024 is nou oop!

As jy lus is vir 'n uitdaging, kom skiet saam op 27 Julie 2024.

Eerste plek wen 'n TIKKA geweer.
Tweede en derde plekke wen elk 'n HOWA geweer.

Inskrywingsvorms: https://tinyurl.com/ManAlleenJul2024
Reëls:https://internationalhuntingrifleshootingassociation.com/RNR.pdf

Inskrywings vir die Tikka Man-Alleen 2024 staan nou net-net oor halfpad.Daar is nog vele plek oor! Skryf nou in en staan...
05/07/2024

Inskrywings vir die Tikka Man-Alleen 2024 staan nou net-net oor halfpad.

Daar is nog vele plek oor! Skryf nou in en staan 'n kans om 'n Tikka jaggeweer te wen.

Die tyd het aangebreek! Inskrywings vir die TIKKA Man-ALLEEN 2024 is nou oop!

As jy lus is vir 'n uitdaging, kom skiet saam op 27 Julie 2024.

Eerste plek wen 'n TIKKA geweer.
Tweede en derde plekke wen elk 'n HOWA geweer.

Inskrywingsvorms: https://tinyurl.com/ManAlleenJul2024
Reëls:https://internationalhuntingrifleshootingassociation.com/RNR.pdf

Die Tikka Man-Alleen is jou kans om 'n Tikka jaggeweer te wen!Daar is nog vele plekke oop, maar moenie te lank wag nie. ...
20/06/2024

Die Tikka Man-Alleen is jou kans om 'n Tikka jaggeweer te wen!

Daar is nog vele plekke oop, maar moenie te lank wag nie. Skryf nou in en wees deel van hierdie unieke skietkompetisie.

Die tyd het aangebreek! Inskrywings vir die TIKKA Man-ALLEEN 2024 is nou oop!

As jy lus is vir 'n uitdaging, kom skiet saam op 27 Julie 2024.

Eerste plek wen 'n TIKKA geweer.
Tweede en derde plekke wen elk 'n HOWA geweer.

Inskrywingsvorms: https://tinyurl.com/ManAlleenJul2024
Reëls:https://internationalhuntingrifleshootingassociation.com/RNR.pdf

Address

C/o Abrahamskraal/& Dealesville Road (R64), Bainsvlei
Bloemfontein
9301

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Skietwinkel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Die Skietwinkel:

Shortcuts

Share

Category