03/06/2026
π§πΏπ¦ Die Springbok Watersak β 'n Stukkie Nostalgie van die Goeie Ou Dae
Kry joue by East Rand Caravan World!
Contact us: 011-025 7639
Wie onthou nog die bekende Springbok Watersak?
Voor die dae van yskaste, koelbokse en 12V-koelers het ons die watersak vol water gemaak en mooi gesorg dat die hele sak aan die buitekant ook nat is. Dan is hy aan 'n haak voor op die bakkie of kar gehang waar die wind hom kon vang.
My pa het altyd so 'n haak aan die bakkie gehad. Wanneer ons die langpad vat, het die watersak daar gehang en die water het heerlik yskoud gebly β sommer natuurlik afgekoel deur die wind en verdamping.
Dit was iets besonders om langs die pad te stop, 'n beker vol koue water te tap en weer die reis voort te sit. Geen batterye, geen krag, geen elektronika nie β net eenvoudige boereraad wat gewerk het.
Maar dit was ook in die goeie ou dae. Jy kon die watersak aan die voertuig laat hang wanneer jy by 'n winkel of padstal stop, sonder om bekommerd te wees dat iemand dit gaan vat. Daardie tye was anders...
Die Springbok Watersak was meer as net 'n watersak β dit was deel van elke familie-uitstappie, jagtog, vakansie en langpad-avontuur.
π Het julle ook met 'n Springbok Watersak grootgeword? Deel gerus jou herinneringe in die kommentaar!