11/07/2025
Wat is die Big Fish Challenge (BFC)? En wat maak dit uniek tussen al die ander kompetisies? Die antwoord is maklik, naamlik alles! Die BFC het laasjaar afgeskop by die alombekende Hartbeespoortdam en het toe al reeds tekens getoon om die grootste en beste spesiekompetisie in die land te word. Die reëls is maklik, hengel waar jy wil om die dam, en wat dit nog meer uniek maak, jy mag of op die boot hengel of van enige oewer af. Daar is geen pentrekkings nie, so as jy ‘n slegte pen kies is dit absoluut jou eie skuld.
https://foranglers.co.za/riaan-alleman-neem-deel-aan-die-big-fish-challenge-2025/