Ons Winkel Caledon

Call Directions Website Contact the business

Ons Winkel Caledon Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

29/09/2026

❤️ AAN ONS GESEËNDE CALEDON-GEMEENSKAP EN OMLIGGENDE DORPE ❤️
Ons wil uit die diepte van ons harte ons opregte dank betuig aan elke skenker wat ons die afgelope 3 jaar ondersteun het.
Sonder julle oop harte en vrygewigheid sou Ons Winkel Caledon nie kon voortbestaan nie. Sonder julle ondersteuning sou ons nie kon voortgaan om ons gemeenskap by te staan en ’n verskil in mense se lewens te maak nie. 🙏❤️
Elke skenking, groot of klein, maak ’n verskil. Dit help ons om ons deure oop te hou en om steeds daar te wees vir mense in ons gemeenskap – selfs om waar moontlik studentelenings te kan gee.
Ons wil ook ’n baie groot DANKIE sê aan elke koper wat deur julle aankope help om hierdie werk moontlik te maak. 🛍️❤️
Sonder julle ondersteuning kan ons dit nie doen nie.
🌿 “’n Hand wat oop is om te gee, is ook ’n hand wat oop is om te ontvang.” 🌿
Daarom doen ons vandag ’n opregte beroep op elke gemeenskapslid:
Het jy goedere, klere, meubels, huishoudelike items of enigiets anders wat jy nie meer gebruik nie?
❤️ SKENK DIT ASSEBLIEF AAN ONS WINKEL CALEDON. ❤️
Wat vir jou nie meer nodig is nie, kan vir iemand anders van groot waarde wees.
Kom ons hou aan om saam ons gemeenskap te ondersteun, mekaar te help en hoop te bring waar dit nodig is.
Baie, baie dankie aan elkeen van julle.
Ons waardeer julle meer as wat woorde kan sê. 🙏❤️
Ons Winkel Caledon
📍 29 Prins Alfredstraat, Lillian Laing-gebou, Caledon
📱 WhatsApp: 064 920 2561
Sonder julle kan ons nie voortbestaan nie. ❤️

R2600
29/09/2026

R2600

28/09/2026
Heelwat nuwe voorraad!!!WhatsApp my op ☎️ 064 920 2561
22/09/2026

Heelwat nuwe voorraad!!!

WhatsApp my op
☎️ 064 920 2561

Tik masjien R500Trojan R400Kontak my op WhatsApp 064 920 2561
04/08/2026

Tik masjien R500
Trojan R400

Kontak my op WhatsApp
064 920 2561

Set of pictures R1800Axe 🪓  R600WhatsApp my op 064 920 2561
21/07/2026

Set of pictures
R1800
Axe 🪓 R600

WhatsApp my op 064 920 2561

R2800
20/06/2026

R2800

Indien jy wil skenk en nie vervoer het nie, kontak my op WhatsApp ☎️ 064 920 2561
19/05/2026

Indien jy wil skenk en nie vervoer het nie, kontak my op WhatsApp
☎️ 064 920 2561

Address

29 Prins Alfred Weg, Lilian Laing Gebou
Caledon
7230

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00
Saturday 08:00 - 13:00

Telephone

+27649202561

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Caledon posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Caledon:

Shortcuts

Share