Karoo Beef

Karoo Beef Boerdery in Klein Karoo

Lekker naweek! πŸ‘
11/03/2023

Lekker naweek! πŸ‘

My jongste wil altyd op die onmoontlikste tye vir die moeilikste disse vra! So vra hy mos vir lasagne na ons klaar in di...
09/03/2023

My jongste wil altyd op die onmoontlikste tye vir die moeilikste disse vra!
So vra hy mos vir lasagne na ons klaar in die dorp was en ek beslis nie al die bestanddele op die plaas het of daai tyd van die middag die lus het nie. 🀣
Ek improvise toe nou maar met 'n plaasvervangertjie wat toe so goed afgaan dat hy helfte van die bak verslind het.

My kamma-lasagne is gemaak met lae
* gaar macaroni en
* volstruis en vark mince wat gebraai is en gemeng is met tamatie-en uiesmoor, tamatie pasta en blatjang
Bo-op het 'n "witsous" gekom wat gemaak is van 'n broodrolletjie (waarmee jy mΓ΄re iemand sou kon doodgooi) wat gebreek en in melk geweek is; en toe met gerasperde kaas ook gemeng is. (Dit was nogal vrek lekker, ek sal dit beslis weer doen!)

Die hele storie in die oondbak is toe gebak vir so halfuur tot die kors bo-op mooi styf was.

Die spekboomtakkie is net omdat groenigheid vir my mooi lyk en ons is mos in die Karoo. πŸ˜‰

Siedaar! 'n Plan vir 'n moerby kossie wat na meer moeite lyk en proe as wat dit is wanneer dit voorgesit word. 🀭

30/01/2023

Congratulations to Colleen for all your hard work and effort you have put into our accommodation. Always making sure the guests are settled in and have all they require.

Booking.com

Ruik hierdie foto! πŸ‘
11/12/2022

Ruik hierdie foto! πŸ‘

Op hierdie plaas eet ons darem nie nΓ©t skaap nie. Springbok pot aan die gang na die Bokke se mooi wen gisteraand. Yum!  ...
27/11/2022

Op hierdie plaas eet ons darem nie nΓ©t skaap nie.
Springbok pot aan die gang na die Bokke se mooi wen gisteraand. Yum!

Kallie Klip! β€πŸ§‘πŸ’›πŸ’šπŸ’™πŸ’œπŸ€ŽπŸ–€πŸ€
04/11/2022

Kallie Klip! β€πŸ§‘πŸ’›πŸ’šπŸ’™πŸ’œπŸ€ŽπŸ–€πŸ€

Uiesaad kom aan. πŸ§…
19/10/2022

Uiesaad kom aan. πŸ§…

Willem het meeste van die lusern gesny, maar ek maar ek maak vir 'n cooler foto! 🀣
05/10/2022

Willem het meeste van die lusern gesny, maar ek maar ek maak vir 'n cooler foto! 🀣

Hierdie is my gunsteling skaap ooit!! Sy was 'n verrassing na ek per ongeluk 'n dragtige ooi op 'n veiling gekoop het. D...
13/09/2022

Hierdie is my gunsteling skaap ooit!! Sy was 'n verrassing na ek per ongeluk 'n dragtige ooi op 'n veiling gekoop het. Die ooi het die drieling waarmee sy dragtig was, geaborteer as gevolg van die spanning. Die een het dit dadelik nie gemaak nie en die ander sussie het nog vier maande geleef, maar sy was nooit heeltemal reg nie.
Hierdie een is 'n heeltemal ander storie! Sy (en die sussie wat 4maande oud geword het) was so vroeg gebore dat haar oΓ« toe was en sy nie kon opstaan nie. Sy het in my hand gepas, want sy was die kleinste van die spul, maar sy wΓ³ΓΊ nog altyd leef. Sy gee my soveel genot! Soek net drukke!
Nee, sy is nie op die spyskaart nie.
Ja, ek weet sy is vrek lelik. 🀣

Lam op sy beste, direk van ons plaas op Calitzdorp in die Klein Karoo. Plaas nou julle bestellings vir ons Lam, Volstrui...
20/04/2022

Lam op sy beste, direk van ons plaas op Calitzdorp in die Klein Karoo. Plaas nou julle bestellings vir ons Lam, Volstruis en Hoender produkte vir aflewering in Gauteng die eerste week in Mei. Whatsapp Willem op 0833823966 of Elsabe op 0729754449 om bestellings te plaas.

Plaas julle bestellings teen die 18 de Maart vir aflewerings einde Maart. Whatsapp Willem op 083 382 3966 of Elsabe op 0...
08/03/2022

Plaas julle bestellings teen die 18 de Maart vir aflewerings einde Maart. Whatsapp Willem op 083 382 3966 of Elsabe op 072 975 4449.

Address

Calitzdorp

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Karoo Beef posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Karoo Beef:

Share