21/07/2021
A NURSERY GIFT OF HOPE!
20 Julie 2020 ondergaan my man n "whipple prosedure" a.g.v. Ampilêre karsinoom kanker gediagnoseer Junie 2020.
Skielik verander ons hele wêreld soos ons dit ken in besoeke aan dokters, professor en onkoloog vir verskillende mediese toetse en prossese waaraan ons nie eers kon d**k. Risiko's, die kanse op oorlewing en die persentasie van mense wat so n operasie kan ondergaan word verduidelik. Alles gebeur so vinnig en is daar nie eers tyd om te besef wat gebeur nie..
Die dag van die operasie gee my man n boekie aan my, voordat hy uit die motor klim en sê: "hier is my bankbesonderhede en wagwoorde indien jul dit sou benodig". Die blote feit net om so n boekie te moet oorhandig of te ontvang is net hartverskeurend. Hoe kyk ek ons klein seuntjie in die oë en verduidelik...........ek kan dit nie eers tik.
Die prosedure sou +- drie ure verloop maar 5, 6 ,7 ure gaan verby en jy hoor net mooi niks. Ons kan nie die hospitaal besoek want dit is Covid, dit help nie jy skakel want hul is nog in teater. Uiteindelik voor nege die aand ontvang ek n oproep en die professor bevestig dat die operasie is sukses was.
Die herstel proses sou +- twee weke duur, maar net voordat my man kon huis toe kom het hy n terugslag en is daar n skeur tussen sy dunderm en maag en alle vloeistowwe wat hy inneem kom by sy wond uit. Die professor verduidelik dat dit tot agt weke kan duur om te heg. Die tydperk van herstel word nie aan my man genoem nie want die emossionele skade is bykans erger as die fisiese.
n Gesprek tussen my en die professor lui dat die ergste wat kan gebeur is "total organ failure", maar dat ons nie naby so iets is nie, maar hy noem alles wat kan gebeur. Here!!!...... is al wat ek kan uitkry, my gebede het nie woorde of bevele of verwyte nie net Here!!!.
In n hoekie sit en huil is die laaste ding wat ek wou doen al skree my hele wese dit. Ek wou nog altyd leer hekel en besluit dat dit n puik idee is om my gedagtes en hande besig te hou.....en hierdie pragtige hasie patroon was my terapie tot n gesonde verstand.
Dit is presies n jaar later en al wat ek kan se is: Dankie Here!!!
Ek besef dat daar talle mammas is wat deur moeilike tye gaan en dat jou scenario dalk anders is as myne, daar is altyd Hoop en Genade.
Die eerste tien bestellings vanuit my reeks sal so n pragtige handgemaakte hasie gratis ontvang. Dit is my geskenk van Hoop aan jou. 😘