16/09/2026
Tippie sê…
ALIWAL-NOORD – Het jy tyd om ’n verskil in ’n kind se lewe te maak en vir hom of haar die geskenk van lees te gee? 📚❤️
Dan is hierdie GRATIS werkswinkel vir JOU!
Saam met die ATKV en Tippie bring ons ’n spesiale oggend vir elkeen wat glo dat ’n kind se leesreis die moeite werd is.
Jy hoef nie ’n onderwyser te wees nie. Jy hoef nie ’n leeskenner te wees nie. ❤️
Of jy nou ’n:
👵 Ouma
👴 Oupa
👩 Tannie
👨 Oom
👩🏫 Onderwyser
❤️ Vrywilliger is – jy kan ’n verskil maak.
Of dalk wil jy net kom luister en ontdek hoe jy in jou eie kind, kleinkind, familielid of ’n ander kind se lewe ’n rol kan speel.
🌱 Elke kind verdien die kans om die wêreld van lees te ontdek.
As jou antwoord JA is ... dan is hierdie werkswinkel vir jou! 💜
📖 ’n Oggend wat oor meer as net lees gaan
Ons gaan saam ontdek hoe ons kinders kan help om die wêreld van lees en boeke oop te ontsluit
Jy kan uitsien na ’n praktiese oggend met:
💡 Vars idees vir leesfasilitering
❤️ Maniere om kinders se selfvertroue met lees te bou
🌱 Praktiese wenke om lees lekker en betekenisvol te maak
💬 Geleentheid om vrae te vra en idees te deel
⏰ DIE OGGEND SE PROGRAM
🕢 07:30 – Aankoms
🐘 08:00 – Tippie Sessie 1
☕ 10:00 – Breek, koffie & tee
🐘 10:30 – Tippie Sessie 2
💬 12:00 – Laaste kans vir vrae
🚗 12:30 – Tippie val in die pad!
🎉 DIE WERKSWINKEL IS GRATIS!
📲 Registreer hier: https://forms.gle/muCutBpx54x8zSU47
Want soms begin ’n groot verandering met iets baie klein!