Ons Winkel - Helpende Hand

Ons Winkel - Helpende Hand Welkom by die Ons Winkel Nasionale blad. Met 'n 127 Ons Winkels regoor die land is daar byna ’n winkel in elke dorp. Beskerm jouself.

Volg gerus jou gunsteling Ons Winkel se blad om op hoogte te bly van nuus, spesiale aanbiedinge en inspirerende stories uit jou omgewing ONS WINKEL SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by ONS WINKELS se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir

die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒Vandag stel ons jou voor aan Karen van Ons Winkel Amanzimtoti. Sy is sedert 2020 die trotse winkeleien...
03/06/2026

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒

Vandag stel ons jou voor aan Karen van Ons Winkel Amanzimtoti. Sy is sedert 2020 die trotse winkeleienaar en werk saam met haar span om elke besoeker welkom te laat voel.

Vir Karen beteken “werksyn” om met respek, betroubaarheid en ’n positiewe houding te werk. Spanwerk en goeie diens is vir haar die sleutel tot ’n suksesvolle winkel en ’n sterker gemeenskap.

Karen se boodskap aan ondersteuners is eenvoudig: Dankie vir elke donasie, aankoop en besoek. Julle ondersteuning help Ons Winkel Amanzimtoti om aan te hou groei en ’n verskil in die gemeenskap te maak. Dankie Karen vir jou en jou span.

📍 Cathmar Court, Hoofweg 25, Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, 4126

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒Vandag stel ons jou voor aan Beandri van Ons Winkel Polokwane. Sy is al vyf jaar die trotse winkeleien...
27/05/2026

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒

Vandag stel ons jou voor aan Beandri van Ons Winkel Polokwane. Sy is al vyf jaar die trotse winkeleienaar en werk saam met haar span om daagliks ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Vir Beandri beteken “werksyn” om goeie diens te lewer en te weet dat hul werk waarde het vir ander mense. Sy ervaar ook daagliks hoe God se hand oor die winkel is en hoe elke skenking en aankoop help om hoop in die gemeenskap te bring.

Kom ondersteun Ons Winkel Polokwane en word deel van ’n storie van hoop, diens en omgee. Dankie Beandri en jou span vir die verskil wat julle maak!

📍 Groblerstraat 25, Polokwane, Limpopo, 0699

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging
Solidariteit Helpende Hand Limpopo Streek

26/05/2026

Wat beteken werksyn vir Ons Winkels?

26/05/2026

Marné Els, bemarkingshoof van die Solidariteit Helpende Hand Ons Winkel, gesels op Pretoria FM oor Solidariteit Helpende Hand se unieke waardeaanbod.

Dit is my winkel, dit is jou winkel, dit is Ons Winkel. Jou item is nie net 'n item nie, dit is 'n toekoms.Vind aan jou ...
26/05/2026

Dit is my winkel, dit is jou winkel, dit is Ons Winkel.
Jou item is nie net 'n item nie, dit is 'n toekoms.

Vind aan jou naaste ons winkel hier: https://helpendehand.co.za/ons-winkel/

[𝗧𝗘 𝗞𝗢𝗢𝗣] Goeie nuus vir die Delmas-gemeenskap! Ons Winkel Delmas is tans te koop.Ons is opsoek na ’n entrepreneur uit d...
26/05/2026

[𝗧𝗘 𝗞𝗢𝗢𝗣] Goeie nuus vir die Delmas-gemeenskap!
Ons Winkel Delmas is tans te koop.

Ons is opsoek na ’n entrepreneur uit die Delmas-gemeenskap wat goed ingeskakel is en aktief ’n rol in die gemeenskap speel.
As jy – of iemand wat jy ken – belangstel om ’n gevestigde winkel met ’n lojale kliëntebasis en ’n betekenisvolle gemeenskapsimpak oor te neem, is hierdie die perfekte geleentheid!

Kontak Melouise by 067 090 9996 vir verdere besonderhede.

Ons Winkel Delmas
Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

22/05/2026
[𝗧𝗘 𝗞𝗢𝗢𝗣] Goeie nuus vir die Malmesbury-gemeenskap! Ons Winkel Malmesbury is tans te koop.Ons is opsoek na ’n entreprene...
20/05/2026

[𝗧𝗘 𝗞𝗢𝗢𝗣] Goeie nuus vir die Malmesbury-gemeenskap!

Ons Winkel Malmesbury is tans te koop.

Ons is opsoek na ’n entrepreneur uit die Malmesbury-gemeenskap wat goed ingeskakel is en aktief ’n rol in die gemeenskap speel.

As jy – of iemand wat jy ken – belangstel om ’n gevestigde winkel met ’n lojale kliëntebasis en ’n betekenisvolle gemeenskapsimpak oor te neem, is hierdie die perfekte geleentheid!

Kontak Ronel by 083 469 3066 vir verdere besonderhede.

Ons Winkel Malmesbury
Solidariteit Helpende Hand - Wes-Kaap Streek

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒Vandag stel ons jou voor aan Beverley van Ons Winkel Meyerton. Sedert 2023 lei sy met trots haar winke...
20/05/2026

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒

Vandag stel ons jou voor aan Beverley van Ons Winkel Meyerton. Sedert 2023 lei sy met trots haar winkel en werk sy saam met haar span, vrywilligers, kliënte en ondersteuners om ’n ware verskil in die gemeenskap te maak.

Vir Beverley beteken “werksyn” om met passie en betekenis te werk – om te weet jou werk het waarde, dat jy ’n verskil maak en dat jy iets met jou hele hart doen.

Haar winkel word die beste beskryf as bekostigbaar, vriendelik en interessant – ’n plek waar jy altyd iets besonders kan raakloop.

Kom ondersteun Ons Winkel Meyerton en word deel van ’n groter storie van omgee, hoop en gemeenskapsbou.

Dankie Beverley en jou span vir die verskil wat julle maak!

📍 29A Loch Straat, Meyerton, Gauteng, 1960

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

"Werksyn beteken ook dat ons saam met ons gemeenskappe groei. Elke item wat geskenk word, elke klant wat by ons instap e...
19/05/2026

"Werksyn beteken ook dat ons saam met ons gemeenskappe groei. Elke item wat geskenk word, elke klant wat by ons instap en elke nuwe winkel wat oopmaak, dra by tot die groter doel van Solidariteit Helpende Hand - en dit is om welstand deur werksyn in en deur ons gemeenskap te help verseker."

Jou oortollige items kan ʼn wonderwerk word. Dit kan ʼn salaris of ʼn studiefonds word. Dit word kos op ʼn tafel. Dit word hoop. Want by Ons Winkel is jou item is nie net ʼn item nie – dit is ʼn toekoms.

Address

Southdowns Ridge Office Park
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel - Helpende Hand posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel - Helpende Hand:

Share