Ons Winkel Delmas

Ons Winkel Delmas Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Jou oud mag dalk net wees wat iemand anders nodig het. Deur te skenk aan Ons Winkel Delmas help jy ons hande sterk maak ...
28/09/2026

Jou oud mag dalk net wees wat iemand anders nodig het.

Deur te skenk aan Ons Winkel Delmas help jy ons hande sterk maak om projekte aan te pak wat nie andersins sou moontlik wees!

Jy help ook ons studiefonds sterker maak wat in ruil studente help aan hulle drome bou!

Aflaai:
19 Derde Straat
Delmas

Optel diens:
Melouise
0670909996

Now available @ Ons Winkel Delmas Cot @ R600Brown Couch @ R4503 Seater Couch @ R65019 Derde Street
18/09/2026

Now available @ Ons Winkel Delmas

Cot @ R600
Brown Couch @ R450
3 Seater Couch @ R650

19 Derde Street

Kom maak n draai by Ons Winkel Delmas en loer na ons pragtige decor en klere. Soveel om van te kies! 19 Derde StraatDelm...
18/09/2026

Kom maak n draai by Ons Winkel Delmas en loer na ons pragtige decor en klere.
Soveel om van te kies!

19 Derde Straat
Delmas

Jou skenking maak regtig n groot verskil in studente se lewens en soveel meer! Skenk aan Ons Winkel Delmas en help ons o...
16/09/2026

Jou skenking maak regtig n groot verskil in studente se lewens en soveel meer!

Skenk aan Ons Winkel Delmas en help ons om n inpak te maak waar dit nodig is!

19 Derde Straat
067 090 9996

Your donation makes the worlds difference in students lives and so many more!

Donate to Ons Winkel Delmas and help us make a greater impact where it is needed most.

19 Derde Street
067 090 9996

Het jy dalk van die volgende items wat jy nie meer gebruik?Skenk asb aan Ons Winkel Delmas. 19 Derde StraatDelmas
03/09/2026

Het jy dalk van die volgende items wat jy nie meer gebruik?

Skenk asb aan Ons Winkel Delmas.

19 Derde Straat
Delmas

Dankie aan ons skenkers en koopers! Dankie dat julle ons harte, missie en visie ondersteun!
02/09/2026

Dankie aan ons skenkers en koopers!
Dankie dat julle ons harte, missie en visie ondersteun!

Jou skenking help ons bou aan n beter toekoms vir ons kinders! Skenk vandag en maak n verskil. *Ons Winkel Delmas*19 Der...
01/09/2026

Jou skenking help ons bou aan n beter toekoms vir ons kinders! Skenk vandag en maak n verskil.

*Ons Winkel Delmas*
19 Derde Straat
Delmas
0670909996

Dis heerlike lente, die winter is verby… 🌷
01/09/2026

Dis heerlike lente, die winter is verby… 🌷

Lente is op ons en ons het pragtige items uitgepak! Kom loer by Ons Winkel Delmas. Nommer grootte en prys onder elke ite...
28/08/2026

Lente is op ons en ons het pragtige items uitgepak! Kom loer by Ons Winkel Delmas. Nommer grootte en prys onder elke item.

Spring is on us and we have unpacked some pretty tops and dresses. Available now at Ons Winkel Delmas. Sizes and prices under each item.

19 Derde Street
Delmas
📞 067 090 9996

Skenk en help ons n verskil in ons gemeenskap maak. Ons Winkel Delmas benodig huisware, kombuisware en linne. Aflaai: 19...
27/08/2026

Skenk en help ons n verskil in ons gemeenskap maak.

Ons Winkel Delmas benodig huisware, kombuisware en linne.

Aflaai: 19 Derde Straat Delmas
Oplaai: 067 090 9996

Address

19 3rd Street
Delmas
2210

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27670909996

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Delmas posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Delmas:

Shortcuts

Share