Ons Winkel Despatch

Ons Winkel Despatch Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Perso

ne met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se
demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële

bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Clearance SALE!!! Don't miss out on these and many other specials!!! Tania Van Schalkwyk Chané Veldtman Solidariteit Hel...
03/07/2026

Clearance SALE!!!

Don't miss out on these and many other specials!!!

Tania Van Schalkwyk
Chané Veldtman
Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap & KZN-Suid Streek

Mans hemde - R25 elk!! Hierdie spesiale aanbieding geldig tot 5 Junie , terwyl voorraad hou!Chané Veldtman Tania Van Sch...
03/06/2026

Mans hemde - R25 elk!!

Hierdie spesiale aanbieding geldig tot 5 Junie , terwyl voorraad hou!

Chané Veldtman
Tania Van Schalkwyk
Solidariteit Helpende Hand Oos-Kaap & KZN-Suid Streek
Marlene Basson

Op soek na 'n perfekte en bekostigbare uitrusting vir jou volgende geleentheid?  Ons Winkel Despatch moet jou eerste sto...
03/06/2026

Op soek na 'n perfekte en bekostigbare uitrusting vir jou volgende geleentheid?

Ons Winkel Despatch moet jou eerste stop wees!! Kom loer gerus in!

Is jy op soek na die perfekte Matriekafskeid rok of aandpak? Besoek Ons Winkel Despatch vir bekostigbare opsies!       T...
23/05/2026

Is jy op soek na die perfekte Matriekafskeid rok of aandpak? Besoek Ons Winkel Despatch vir bekostigbare opsies!



Tania Van Schalkwyk
Chané Veldtman
Marlene Basson

Wanneer iemand sê: "Klere is so duur, ek kan nie meer bekostig om elke seisoen nuwe klere te koop nie." - verwys hulle n...
23/05/2026

Wanneer iemand sê: "Klere is so duur, ek kan nie meer bekostig om elke seisoen nuwe klere te koop nie." - verwys hulle na Ons Winkel Despatch .

Hier kry jy bekostigbare, goeie kwaliteit tweedehandse klere teen winskoop pryse!

Besoek gerus Ons Winkel Despatch by 35 Hoof Straat Despatch en kyk self watter skatte wag op jou.

Baadjies!
Rokke!
Mans pakke!
Dames kantoordrag!
Linne! ... en nog vele meer!

22/05/2026

🌿 Opsoek na goeie kwaliteit tweedehandse klere teen bekostigbare pryse? Kom loer gerus in by Ons Winkel Despatch! 👕👗👖

By ons vind jy mooi, netjiese klere vir die hele gesin — en elke aankoop maak ook ’n verskil in die gemeenskap.

Ons voorraad verander gereeld, so daar is altyd iets nuuts om te ontdek! Kom kuier, ondersteun plaaslik en vind daardie spesiale winskopie. ✨

📍 Besoek ons winkel by Hoof straat 35, Despatch

08/04/2026

Jy skenk…
Ons sorteer…
Iemand kry hoop.
Kyk hoe jou skenking ’n verskil maak.

02/04/2026

Address

35 Main Street
Despatch
6220

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:30
Tuesday 09:00 - 16:30
Wednesday 09:00 - 16:30
Thursday 09:00 - 16:30
Friday 09:00 - 16:30
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27836816428

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Despatch posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Despatch:

Shortcuts

Share