Goedheid

Goedheid Laat die "GOEDHEID" van die unieke produkte jou aangenaam verras. Plaaslike & plaas produkte. Wat beteken die woord "goedheid". Trots Suid-Afrikaans...
(1)

Dit spruit uit die woord mooi en kwaliteit. Goedheid is die goeie gehalte wat verwys na die nuttige, aangename, aantreklike, smaaklike of prettige. Dit is die tipe produkte wat ek graag aan jou wil bied. Unieke produkte waar jy die "goedheid" en guns kan ervaar. Die aangename en of smaaklike asook die pret daarin. MY STORIE ...

Daar is soveel goedheid rondom ons - my vraag is sien jy dit raak? Ons reis gereeld na die klein dorpies op die agter - en stofpaaie wat Suid-Afrika ons bied. Daar ontdek mens die mees ongelooflikste mense en hulle produkte. Kwaliteit produkte, aangename produkte, nuttige produkte en ja ook prettige produkte. Ek wil dit graag met jou deel sodat jy ook die "goedheid" kan ervaar wat ons hier in Suid Afrika produseer.

12/08/2026

🔥 Nou dáárdie is nou ’n braaibroodjie!

En kyk net wat gebeur wanneer ons boer van Clanwilliam se heerlike groen vye deel daarvan word. Dit neem dit sommer na ’n volgende vlak!

Ons is altyd so opgewonde wanneer die produkte van ons Goedheid-boere op sulke kreatiewe en lekker maniere gebruik word.

Gaan kyk gerus na hierdie een — en as jy nog nooit groen vye op ’n braaibroodjie probeer het nie… dalk is dit tyd!

Ons boer se groen vye is ook deel van die kwaliteit plaasprodukte wat op Goedheid se maandelikse Plaasdae beskikbaar is. 🌿

Bestellings vir einde Augustus is nou oop. Bestellings word slegs via die bestelvorm geplaas, met afhaal in Vierlanden, Durbanville.

NUUT BY Goedheid  : Ontmoet LEA Rooibostee!Ons verwelkom vanaf hierdie maand met groot trots LEA Rooibos  by Goedheid!Hi...
06/08/2026

NUUT BY Goedheid : Ontmoet LEA Rooibostee!

Ons verwelkom vanaf hierdie maand met groot trots LEA Rooibos by Goedheid!

Hierdie besonderse tee kom van die pragtige Lambertshoek-plaas teen die hange van die Cederberge.

Dit is 100% suiwer, enkel-oorsprong Cederberg-rooibos, asook 'n reeks heerlike kruiemengsels wat met egte plaaspassie verpak word.

Moenie weer uitmis nie - bestelvorm vir einde Augustus is vandag op die Goedheid groep gedeel. Alle produkte slegs via bestelvorm beskikbaar, afhaal in Vierlanden Durbanville.

03/08/2026

🥚 Goeie nuus van ons eierboer naby Rawsonville.

Ons Free Range-eiers kom nou van hoenders wat gesertifiseerde Non-GMO-voer van Eddie's Feeds kry. Dieselfde vars, vrylopende eiers waarvan julle hou, nou met nog groter fokus op natuurlike, gehalte-voer.

By Goedheid glo ons daaraan om produsente te ondersteun wat met sorg boer en elke dag hul beste gee. Daarom is dit vir ons lekker om hierdie stap van ons eier boer met julle te deel.

Dis altyd lekker wanneer ’n produsent nóg ’n tree gee om kwaliteit te verbeter. Ons sien daarna uit om hierdie vars eiers met julle te deel.

Raak deel van Goedheid se maandelikse Plaasdae en kom beleef self waar jou kos vandaan kom.

🧈 Die storie agter Spitskop Botter ...Daar is produkte wat jy koop omdat dit lekker is.En dan is daar produkte wat jy ko...
02/08/2026

🧈 Die storie agter Spitskop Botter ...

Daar is produkte wat jy koop omdat dit lekker is.

En dan is daar produkte wat jy koop omdat daar 'n storie agter elke blokkie botter lê.

Spitskop Botter se storie begin al in 1935 op 'n Karoo-plaas naby Murraysburg. Die resep en vakmanskap is van geslag tot geslag oorgedra en vandag word die botter steeds met dieselfde trots en sorg gemaak.

En toe ek die storie lees, moes ek glimlag... want een van die vroue wat dié familietradisie help bewaar het, se naam was Mariëtte. 😊 Ek sê nou nie dis hoekom die botter só lekker is nie... maar dit kan sekerlik nie skade doen nie! 😉

Dis sulke stories wat maak dat Spitskop Botter perfek by Goedheid se maandelikse Plaasdag pas. Nie net uitstekende produkte nie, maar mense, tradisie en 'n stukkie Suid-Afrikaanse erfenis.

Raak deel van ons maandelikse Plaasdag en deel aan al hierdie plaas lekkerte.

Dis waaroor Goedheid gaan... Gister tydens Plaasdag het Almari ons verras met 'n bak vol suurlemoene wat sy spesiaal geb...
02/08/2026

Dis waaroor Goedheid gaan...

Gister tydens Plaasdag het Almari ons verras met 'n bak vol suurlemoene wat sy spesiaal gebring het sodat elkeen wat hulle lekker plaas produkte kom haal, ook kon deel in haar oorvloed (solank voorraad gehou het! 😍).

Dít is die hart van Goedheid – nie net kwaliteit plaas produkte nie, maar 'n gemeenskap waar mense graag deel, omgee en mekaar seën.

Baie dankie, Almari, vir jou mooi gebaar. Jy het sommer baie glimlagte op mense se gesigte gesit. 💛

Vandag is ek en Berynese omtrent lekker bederf tydens ons maandelikse Plaasdag! Baie dankie Maria vir hierdie tuisgebakt...
25/07/2026

Vandag is ek en Berynese omtrent lekker bederf tydens ons maandelikse Plaasdag!

Baie dankie Maria vir hierdie tuisgebakte, properse suurdeegbroodjie. Dit is mos nou sowaar Goedheid.. 😋😋🤩🤩 Ons het te lekker gesmul tydens ons koffiebreek. Dit was heerlik verby!

💡 Wil jy self bak?
Elkeen kan deel aan hierdie lekkerte met die 'Dehydrated Sourdough starter' wat beskikbaar is as deel van Goedheid se maandelikse Plaasdag-produkte. 🥖

🥚 WEET WAT JY EET... EN WEET WAAR DIT VANDAAN KOM.Hierdie is die pragtige vryloop-eiers van ons boer in Rawsonville.Sy h...
17/07/2026

🥚 WEET WAT JY EET... EN WEET WAAR DIT VANDAAN KOM.

Hierdie is die pragtige vryloop-eiers van ons boer in Rawsonville.

Sy hoenders loop werklik vry op die plaas – hulle skrop, p*k en leef soos hoenders bedoel is om te leef. En dit sien jy in die kwaliteit van die eiers.

By Goedheid kies ons nie sommer net produkte nie. Ons kies boere en produsente wat trots is op dit wat hulle doen en wat kwaliteit eerste stel.

Ons glo dit is belangrik om te weet wat jy eet, maar net so belangrik om te weet waar dit vandaan kom. Daarom deel ons graag die mense en die stories agter die produkte wat op jou tafel beland.

Dis ook hoe ons, stadig maar seker, 'n gemeenskap bou van mense wat goeie kos, goeie produkte en goeie boere waardeer.

Goedheid. Eerlike kos. Goeie mense.

16/07/2026

Dankie Johan en Pieter vir julle storie. So het elke boer ʼn storie...

Dit is vir Goedheid ʼn voorreg om Jireh se lekker kase ook deel te hê van ons maandelikse 2 Plaasdae.

Ons bly by iets soets...🤩😋Brot se heerlike malva poedings is ook deel van Goedheid se maandelikse Plaasdae.Daar is malva...
15/07/2026

Ons bly by iets soets...🤩😋

Brot se heerlike malva poedings is ook deel van Goedheid se maandelikse Plaasdae.

Daar is malva poedings.... en dan is daar Brot se malva poeding. My man wat nie van malva poeding hou nie, kan nie ophou eet nie. Verseker ʼn treffer produk.

Moenie weer uitmis nie. Raak deel van al hierdie plaaslike en plaas lekkerte.

Kontak my vir meer inligting.

15/07/2026

Jy kan dit amper ruik so lekker lyk dit ... om nie eers van die proe te praat nie... 🤩

Ons vryloop hoender Cordon Bleu van ons Rawsonville boer ook deel van Goedheid se maandelikse Plaasdag.

Ons boere bederf ons met hulle beste. Raak deel van al hierdie lekkerte.

Address

22 Ruitershoogte Avenue, Vierlanden
Durbanville
7550

Opening Hours

Monday 09:00 - 18:00
Tuesday 09:00 - 18:00
Wednesday 09:00 - 18:00
Thursday 09:00 - 18:00
Friday 09:00 - 18:00

Telephone

+27826110044

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Goedheid posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Goedheid:

Shortcuts

Share