Anna Emm - Noordelike Voorstede CT

Anna Emm - Noordelike Voorstede CT Vir die nuutste katalogus van ons oulike produkte, Kinder CD; DVD's en aktiwiteitspakke. Stuur epos on [email protected] of WhatsApp 082 824 9819.

Anna Emm se kinderstorie-produkte is nie in winkels beskikbaar nie, maar word versprei deur agente landswyd – tans meer as 250! Wie en wat is AnnaEmm? Toe Anna Emm besluit om onderwys te gaan studeer in die Boland, het sy geen idee gehad waarheen hierdie pad haar uiteindelik sou lei nie. In 1997 het sy begin skoolhou, as jong onderwyseressie met groot planne om die wêreld te verander. Maar sy was gou ontnugter. Die 8- jarige kinders in haar klas het uit arm, agtergeblewe gemeenskappe gekom. Sy het gou besef dis amper nutteloos om vir kinders te probeer skoolhou terwyl hulle honger, verwaarloos, getraumatiseerd, en stukkend is. Nadat een van die dogtertjies in haar klas gemolesteer is, en ‘n ander kind se ma in gesinsgeweld doodgeskiet is, het Anna die kinders probeer troos met die enigste ding wat ooit werklik vir háár gewerk het: stories. Sy het ure elke dag vir die kinders in haar klas stories voorgelees, en later het sy begin om haar eie stories vir hulle te skryf en te vertel. Sy het die kinders in haar klas self die helde in haar stories gemaak en hulle met haar verbeelding op allerhande avonture gestuur! Die uitwerking wat die stories op hierdie kinders gehad het, was ongelooflik. Nie net het die luister na stories hulle rustiger gemaak nie, maar dit het ook hulle kreatiwiteit en selfvertroue gevoed, en gou het hulle leervermoë drasties begin verbeter. Selfs die swakste leerdertjies het begin om kleurvolle prente te teken, hulle eie stories te skryf, en met entoesiasme en verbeelding deel te neem aan klasgesprekke! Hulle kon feite beter onthou. Hulle kon slegte ervarings beter verwerk en makliker daaroor praat. Anna het begin navorsing doen oor die gebruik van stories as terapie, en sommer gou het sy geweet dat sy haar droom om die wêreld te verander, kon uitleef met die skryf van haar stories. In 2001 het sy uit die onderwys bedank op soek na ‘n platform vir haar droom. Nadat sy waardevolle ervaring as skrywer en regisseur op die stel van twee televisie-reekse opgedoen het, het die multimedia­gogga haar gebyt, en het sy besluit om die stories wat sy as onderwyseres geskryf het, op CD te laat opneem. Hierdie stories was die heel eerste reeks storie-CD’s uit die pen van Anna Emm, en sou die eerste produkte word wat deur Anna Emm (Pty) Ltd vrygestel en vervaardig is. Vandag, meer as tien jaar later, is hierdie maatskappy die grootste vervaardiger van Afrikaanse kinderstories in die land, met meer as 2 000 nuwe stories op CD, DVD en in boekvorm! Bekende name soos Gys de Villiers, Anna-Mart van der Merwe, Chris Chameleon, Koos Kombuis, Anrich Herbst, Vicky Davis, en talle ander, het al kom kinderstories opneem. Al die stories is deur Anna self geskryf. Items kan op ons webblad www.annaemm.co.za besigtig word of stuur u epos adres na [email protected] vir enige verdure navrae of om ons katalogus in PDF te ontvang. Navrae kan ook geWhatsApp word na 082 824 9819.

Whatsapp me on 082 824 9819 for orders or more information.
31/01/2017

Whatsapp me on 082 824 9819 for orders or more information.

27/01/2017
Vandag se BOEK VAN DIE DAG isons gewilde jeugboek, "Monster-Goggas" deur Koos Kombuis!Kry dit tussen 9am op 13 Des en 9a...
13/12/2016

Vandag se BOEK VAN DIE DAG is
ons gewilde jeugboek, "Monster-Goggas" deur Koos Kombuis!
Kry dit tussen 9am op 13 Des en 9am op 14 Des @ slegs R84!
(Normale prys R120 - spaar 30%!). Stuur Whatsapp aan 082824 9819 vir bestellings.

Vanaf Maandag 12 Desember tot Vrydag 23 Desember, is daar 10% afslag op al ons kinder- en jeugboeke! Ons het ook elke dag van 9am tot 9am 30% afslag op ons BOEK VAN DIE DAG

DOEFDAF DIE DONKIE is een van Anna Emm se heel mooiste stories, en jaar na jaar is dit 'n topverkoper. Dit vertel die ve...
06/12/2016

DOEFDAF DIE DONKIE is een van Anna Emm se heel mooiste stories, en jaar na jaar is dit 'n topverkoper. Dit vertel die verhaal va Jesus se geboorte, maar deur die oë van Doefdaf die donkie. Omdat Doefdaf met 'n mank pootjie gebore word, pas hy nie in op die plaas waar die ander donkies hard moet werk nie. Nou swerf hy deur die wêreld, opsoek na 'n plekkie waar hy hoort. Maar daar wag 'n belangrike werkie op Doefdaf ... hy weet dit net nog nie.
SPESIALE AANBOD:
Kry jou Doefdaf-CD met vier stories hierdie week @ slegs R90! Spaar R100!
Ons het ook, slegs vir die week, 'n spesiale A4 pretpak met pragtige inkleurprente oor die storie.
Kry dit nou @ R25 - "limted edition" (slegs beskikbaar tot 12 Des)

Hierdie week het ons 2 van ons gewildste produkte afgemerk! Ideaal vir Kersgeskenke! Kry Lekkerbekkie Muis (storie-DVD) ...
09/11/2016

Hierdie week het ons 2 van ons gewildste produkte afgemerk! Ideaal vir Kersgeskenke!
Kry Lekkerbekkie Muis (storie-DVD) @ slegs R85 (spaar R15),
en Sprokie-omnibus #2 (dubble CD) @ slegs R130 (spaar R69)!
Aanbod sluit Maandag 14 November.
WhatsApp navrae aan 082 824 9819 of stuur epos na [email protected]

Hierdie week verskyn 'n splinternuwe Afrikaanse jeugboek vir 8-12 jarige lesers! "Kaptein Ressiv" is Elani Venter (skryw...
18/10/2016

Hierdie week verskyn 'n splinternuwe Afrikaanse jeugboek vir 8-12 jarige lesers! "Kaptein Ressiv" is Elani Venter (skrywer van "Deur die Digitale Orbis") se tweede jeugboek, en dit is weereens 'n spannende, snaakse, naelbyt-avontuur vir jong lesers. Moet dit nie misloop nie! SPESIALE PRYS: Kry "KAPTEIN RESSIV" hierdie week @ slegs R100 (spaar R20!)

Wanneer Liam saam met sy ouers langs die Vaaldam vakansie hou, ontmoet hy die eienaardige Kaptein Ressiv, 'n wannabe-seerower wat met sy skuit op die dam rondvaar. Niemand steur hulle aan Kaptein Ressiv se stories nie. Almal vermoed hy het nie al sy varkies bymekaar nie... Maar dan beland Liam op 'n dag saam met die kaptein in 'n vreemde maalkolk in die middel van die Vaaldam, en toe hulle anderkant uitkom, wag daar seerowers - régte seerowers! En die spulletjie is glad nie vriendelik nie...

Anna Emm sê: "Ek is Elani Venster se grootste fan! Sy kry dit reg om spanning te skep sonder om bang te maak, om die leser aan 'n lyntjie te hou tot op die laaste bladsy, en hom só onverwags met haar buitengewone humor te peper, dat hy nie anders kan as om hardop te lag nie! KAPTEIN RESSIV is een van my gunsteling boeke van die jaar."

WhatsApp navrae aan 082 824 9819 of stuur epos na [email protected]

Address

Queen Street
Durbanville
7550

Telephone

0828249819

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Anna Emm - Noordelike Voorstede CT posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Anna Emm - Noordelike Voorstede CT:

Shortcuts

Share

Category