13/05/2018
Die tweede "Car boot Sale" vind plaas op Saterdag 26 Mei 2018 van 08:00 tot 14:00 by "The Pot" Restaurant naby Groot Brak (5km vanaf Groot Brak op die R102 rigting George lughawe). Aanwysings bord sal langs die pad gevolg kan word.
R100 per inskrywing en daarvoor kry u spasie vir u motor en ‘n tafel agter die motor. U voorsien natuurlik u eie tafel.
Inskrywings gelde is betaalbaar met aankoms en nie na die afloop van die dag nie asb. Geen besprekings noodsaaklik nie en geen gereserveerde spasies nie.
Items wat verkoop word moet in n werkende toestand wees.
Geen musiek nie en jy moet jou eie rommel verwyder asb.
Enige ding wat in u motor se kattebak of agter op u bakkie pas kan verkoop word of bemark word, wat binne die wette van Suid Afrika val. Jammer geen trailers toegelaat nie.
Wees bereid om oor die prys te onderhandel en bring asb kleingeld saam.
Geen sterk drank, wapens en ammunisie, dwelms of ander verbode items mag uitgestal en verkoop word nie. Geen gesteelde eiendom nie asb. Geen diere mag verkoop word nie.
Geen kos stalletjies, "craft" stalletjies of verkoop van nuwe dienste of produkte nie - slegs "unwanted" goedere asb
Gratis toegang vir die publiek. Veilige speel terrein vir die kleingoed.
Daar is n heerlike boerewors rolle en koeldrank beskikbaar by die car boot sale.
Ander eet en drinkgoed sal by die Pot restaurant beskikbaar wees. Geen drank word op die perseel toegelaat nie - die restaurant is gelisensieerd.
Eden Car Boot sale aanvaar geen aanspreeklikheid van enige aard vir enige skade of verliese van enige aard nie.
Skakel Jaco of Chris vir meer details
0834921432 of 0828509005