Vaandel Uitgewers

Vaandel Uitgewers Ons is 'n klein uitgewery in Suid Afrika wat toegespits is op die Boervolk, sy geloof en kultuur.

Hier gaan dit oor die waarheid, die storie agter die leuens en oor dit wat die media sorgvuldig verswyg, maar wat ons almal behoort te weet. Al die inligting wat ons van dwarsoor die wêreld af kry, word aan ons mense beskikbaar gestel.

“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak” Joh. 8:32

Omdat die Woord nie 'n vervaldatum het nie, deel ek graag hierdie opnames vir diegene wat dalk iets sinvols in die agter...
05/09/2026

Omdat die Woord nie 'n vervaldatum het nie, deel ek graag hierdie opnames vir diegene wat dalk iets sinvols in die agtergrond wil hê om na te luister, of bloot verlang na die boodskappe van ons ouer predikers.

Skakel:
https://vaandel.co.za/oudio/

Ons Oudio-afdeling is nou opgevul met die eerste van vele KI-verbeterde opnames. My pa het oor die jare 'n groot klomp bandopnames bymekaargemaak. Dit sluit in opnames van Joos Haasbroek en Boy Mussmann, asook verskeie preke van onder andere ds. Cordier, pastoor Neser, ds. Pelser en vele ander.

Ons gaan probeer om hierdie opnames beskikbaar te stel, maar eers aansienlik te verbeter deur gebruik te maak van KI om die klank skoon en luisterbaar te maak. Ons het 'n ou CR-4 recorded gekry vir die doelwit. Kwaliteit vanaf die bande is uitstekend maar die opnames self is soms 'n probleem. Baie daarvan, veral pastoor Neser se preke, is soms van baie swak gehalte.

Verder is daar ook verskeie Amerikaanse predikers wat al in die helfte van die vorige eeu die waarheid oor Israel bekendgemaak het, soos Sheldon Emry, Bertrand Comparet, Wesley Swift ensovoorts. En 'n paar wat my pa bymekkaargemaak het wat ek nog nie van gehoor het nie.

Hier is die eerste van die verbeterde oudio: Pastoor FWC Neser en Sheldon Emry. Dit is natuurlik glad nie alles nie; daar is honderde ure wat nog beskikbaar gestel kan word. Die radio-opnames van Sheldon Emry is getranskribeer en omgesit in 'n KI-stem, aangesien die oorspronklike oudio dikwels baie moeilik is om na te luister. Ek glo die stem is voldoende. Daar is beter kwaliteit maar dit raak ontsettend duur en my ou rekenaar kan ongelukkig nie die KI modelle plaaslik hardloop nie.

Pastoor Neser was een van die groot geeste wat die waarheid oor Israel onder ons volk bekendgemaak het. My pa het destyds saam met 'n vriend na een van sy preke in Mosselbaai gaan luister, en hy was een van die groot invloede op my pa se latere oortuiging dat ons volk deel van Israel is. Neser maak nog gebruik van die name Jesus en Here, maar ongeag kan mens sonder twyfel sê sy hart was op die regte plek.

Hierdie is 'n kopie van dr. J.C. Ottema se Nederlandse vertaling van die Oera Linda Boek (1872), wat prof. Johan Schabor...
02/09/2026

Hierdie is 'n kopie van dr. J.C. Ottema se Nederlandse vertaling van die Oera Linda Boek (1872), wat prof. Johan Schabort destyds as geskenk vir my pa, Adriaan Snyman, gegee het. Daar is ongelukkig pen-aantekeninge aan die binnekant (seker van die professor s'n), maar nietemin is dit een van die min ou eksemplare wat nog bestaan.

Hierdie geweldig kontroversiële boek (bewaar deur die Oera Linda-familie en wat tans 'n mate van herlewing beleef) handel oor 'n blanke, seëvarende volk wat moes vlug van 'n antieke kontinent genaamd Aldland of "Ou Land". Hulle het een God aanbid, 'n merkwaardige etiese kode gehandhaaf en is bestuur deur sogenaamde Bugtmaagde wat gedien het as draers van die volk se erfenis. Daar is ook talle parallelle tussen ons eie geskiedenis en die Friese volk (nakomelinge van die Freya volk in die Oera Linda): albei moes baklei vir hul taal en geloof, en 'n groot stryd voer teen die godsdiensowerhede van hul tyd. Dit voel dikwels soos twee blanke volke wat oor die eeue heen hande kon vat vir dieselfde ideale — geloof in een God, ras suiwerheid en 'n diepe waardering en bewaring vir hul eie kultuur.

Vir die wat belangstel: ons is tans besig om die hele boek te verwerk. Jan Ott se huidige studies van die manuskrip oor die laaste paar dekades was 'n redelike groot mate van aanmoediging. Daar is beslis iets baie antieks aan, anders as wat die soms kleurvolle aanvalle wil beweer. Hoe dieper mens in die oorsprong delf, hoe duideliker word dit dat die meeste groot kritiek berus op vooropgestelde idees, foutiewe aannames, en staatmaak op die gemiddelde mens se onkunde. Daar is selfs 'n duidelike godienstige aanslag daaragter.
Die godsdienstige kritiek spruit hoofsaaklik voort uit die vermelding van 'n Almagtige Skepper genaamd Wr-alda. Nee, dit is nie ’n direkte verwysing na die God van Israel of na die Bybel nie. Tog is dit merkwaardig dat die boek ’n duidelik monoteïstiese gosdsiens handhaaf. Wr-alda, of Wr-alda se gees, word beskryf as die enigste ewige, volmaakte en almagtige wese, terwyl afgode en die verering van mense verwerp word. Die teks beklemtoon dat eerbied en aanbidding aan Wr-alda alleen behoort. Daarom beskou die teks dat om goddelike eer aan iemand of iets anders te gee, simbolies ’n soort “roof” teenoor Wr-alda is.

Dan is daar natuurlik die baie eienaardige Yes.us-figuur uit Kashmir wat ook as Buddha bekend gestaan het. In die teks word dié figuur egter slegs as 'n historiese, interessante figuur in die verbygaan gemeld, en die skrywer poog geensins om 'n verband te trek met Yeshua uit die Nuwe Testament nie, iets wat 'n godsdienstig gefrustreerde of wraakgierige vervalser waarskynlik sou probeer uitbuit het.

Dit is werklik moeilik om die teks met sekerheid te dateer. Die meeste navorsers glo dit is 'n vervalsing waarmee 'n groep vir Dr. Jan Ottema vir 'n aap gevat het. Aangesien dit die enigste eksemplaar is, kan mens dit ook nie met ander tekste vergelyk om toevoegings of weglatings te bepaal nie. Dit is getrou deur die jare deur net een familie oorgeskryf, en daar het beslis verbeeldingryke idees ingesluip. Maar oor die algemeen is die teks baie nugter, en verskeie mitologiese figure soos Minerva, Minos en Odysseus word as gewone mense beskryf eerder as die bonatuurlike mitologiesewesens wat ons mee bekend is.

Die verhaal van Atlantis is egter verskriklik interesssant. Die dokument se bewering dat hierdie "Ou Land" (Aldland - "Ald" beteken "Ou") in die Noordsee geleë was, kon vroeër as wensdenkery afgemaak word, maar toe verskeie antieke artefakte langs die Noordseekus uitspoel, het geleerdes begin regop sit. Skielik was daar sprake van 'n enorme, weggesinkte kontinent tussen Noorweë en Engeland.

Die nuwe publikasie gaan verskeie uitgebreide bylae agterin hê wat die egtheid van die dokument, Doggerland, en talle mitologiese en historiese aspekte diepgaand behandel. 'n Nuwe inleiding is geskryf, maar nog meer belangrik... die hele teks is opnuut vertaal. Sommige gedeeltes maak gebruik van Jan Ott se werk, en daar is voetnotas bygevoeg om te help met konteks. Hierdie nuwe vertaling het 'n meer antieke gevoel (dalk swaarder as die ou Afrikaans wat Kamiel Ingels destyds uit Ottoman verwerk het vir my pa) maar behou sover moontlik die egte aard van die bronteks.

Ons deel meer inligting sodra ons nader aan publikasie kom.

Aanbod steeds geldig!
19/08/2026

Aanbod steeds geldig!

Die twee nuwe uitgawes sal voor die einde van die maand beskikbaar wees. Ons het eers net 'n beperkte aantal laat druk ....
13/08/2026

Die twee nuwe uitgawes sal voor die einde van die maand beskikbaar wees. Ons het eers net 'n beperkte aantal laat druk . As jy solank jou bestelling vooraf wil maak en verseker wees van 'n boek, besoek die onderstaande skakel.

BEANGRIK: Die afslag is geldig net vir hierdie eerste druk.

https://vaandel.co.za/katagorie/die-boeke-van-henog/

Ons bring binnekort vir jou twee splinternuwe uitgawes van die geliefde Afrikaanse Boeke van Henog:• Die Klassieke Hersi...
28/07/2026

Ons bring binnekort vir jou twee splinternuwe uitgawes van die geliefde Afrikaanse Boeke van Henog:

• Die Klassieke Hersiene Uitgawe: Volledig deurgewerk en verbeter vir 'n ryker leeservaring.

• Die Kommentaar-uitgawe: Verryk met diepgaande insigte wat geput is uit die akademiese werk en navorsing van bekende geleerdes soos Michael S. Heiser, Ann Nyland, Józef T. Milik en ander.

Beide uitgawes spog met 'n grondige inleiding wat die historiese ontwikkeling, betekenis en agtergrond van I en II Henog uiteensit.

Hou ons blad dop vir die amptelike bekendstellingsdatum en finale pryse!

22/12/2025

Volledige Video: https://www.youtube.com/watch?v=PjzVAB61cQQ
Ds. Gideon Johannes Jacobus Boshoff (1906–1975) was ’n baanbreker in die bediening en ’n vurige liefhebber van volk en vaderland. Hierdie video bevat ’n stemopname van ’n dankgebed wat hy op 15 Oktober 1960 opgestel het. Alhoewel dit nie sy eie stem is nie, is die oorspronklike teks met sorg heropgeneem om sy woorde weer lewendig te maak. Ds. Boshoff, wie se bediening oor gemeentes soos Boksburg-Noord, Port Elizabeth-Wes en Linden gestrek het, was bekend vir sy beeldryke taal en profetiese moed. Hy het die SA Weermag as kapelaan gedien en sy bediening selfs ná sy aftrede in 1971 met toewyding voortgesit. Sy passie vir die volk, sy geloof, en sy uitsonderlike menslikheid leef voort in sy nalatenskap. Hierdie opname bring een van sy mees betekenisvolle dankgebede na vore, met die doel om sy boodskap en gees aan ’n nuwe generasie oor te dra.

---------------------------------------

Musiek deur Clavier Clavier van Pixabay

19/12/2025

Die Bybel maak meer as een keer melding van ’n gebied “oorkant die riviere van Kus”. Sefanja 3:10 praat van ’n verstrooide gemeente suid van hierdie riviere, en Jesaja 18:1 noem dieselfde plek as die land van vlerkgegons wat gesante bring na die plek van die Naam van die Yahweh van die leërskare, na die berg Sion. En Sion is ’n ander naam vir Israel!

Maar wat presies is die riviere van Kus? Antieke bronne verbind Kus met Afrika se groot waterstelsels en moerasgebiede. Sommige wys na riviere soos die Zambesi, Okavango, Kunene en Kwando. Ander beskryf Afrika as ’n land wat eens deur enorme watergebiede afgesonder is.

Hierdie video raak net aan die kern van hierdie verbasende profesie. Vir ’n dieper studie, kyk gerus na Oorkant die Riviere van Kus deur Robert Hayes.



🎵 Musiek:
A Moment in Life – Rockot (Pixabay)

Nuwe Artikel...Daar is ’n ou skildery van Andries Pretorius, die “reus van Bloedrivier”, met sy linkerarm in ’n armstut....
15/12/2025

Nuwe Artikel...
Daar is ’n ou skildery van Andries Pretorius, die “reus van Bloedrivier”, met sy linkerarm in ’n armstut. Die groot leier is gewond. EJG Norval se beskrywing van wat daardie dag met Pretorius gebeur het toe hy deur ’n Zoeloe kryger gesteek is, omskryf dalk iets veel meer as net ’n historiese detail. Dit was moontlik nie toeval dat die held van Bloedrivier by die dood moes omdraai nie.

DIE ARM VAN ANDRIES PRETORIUS

"Na die moord op meer as 300 trekkers, insluitend vroue en kinders, by Bloukrans en Weenen in Februarie 1838, het die Voortrekkers hulle skielik in ‘n baie moeilike situasie bevind. Die aanval het snags gekom, onverwags en brutaal, terwyl gesinne in hul tente en waens geslaap het.

Toe die son die volgende oggend oor die bloedbevlekte kampe opkom, is ‘n ontstellende toneel aan die trekkers ontbloot: ..."

Lees die volle artikel hier: https://vaandel.co.za/die-arm-van-andries-pretorius/

(Joernale kan direk op ons webblad bestel word. Dit hoef nie eers gedruk te word nie. Ons het egter net beperkte voorraa...
13/12/2025

(Joernale kan direk op ons webblad bestel word. Dit hoef nie eers gedruk te word nie. Ons het egter net beperkte voorraad)

Hierdie joernaal is die ideale geskenk vir enigeen wat belangstel in Siener, ons volk se geskiedenis, erfenis, of bloot iets besonders wil hê wat met trots gebruik kan word.
Skakel: https://vaandel.co.za/produk/joernaal-siener/
Prys: R250

Address

George
6655

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:30
Tuesday 09:00 - 16:30
Wednesday 09:00 - 16:30
Thursday 09:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30

Telephone

+27285512516

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vaandel Uitgewers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Vaandel Uitgewers:

Shortcuts

Share

Category