02/09/2026
Hierdie is 'n kopie van dr. J.C. Ottema se Nederlandse vertaling van die Oera Linda Boek (1872), wat prof. Johan Schabort destyds as geskenk vir my pa, Adriaan Snyman, gegee het. Daar is ongelukkig pen-aantekeninge aan die binnekant (seker van die professor s'n), maar nietemin is dit een van die min ou eksemplare wat nog bestaan.
Hierdie geweldig kontroversiële boek (bewaar deur die Oera Linda-familie en wat tans 'n mate van herlewing beleef) handel oor 'n blanke, seëvarende volk wat moes vlug van 'n antieke kontinent genaamd Aldland of "Ou Land". Hulle het een God aanbid, 'n merkwaardige etiese kode gehandhaaf en is bestuur deur sogenaamde Bugtmaagde wat gedien het as draers van die volk se erfenis. Daar is ook talle parallelle tussen ons eie geskiedenis en die Friese volk (nakomelinge van die Freya volk in die Oera Linda): albei moes baklei vir hul taal en geloof, en 'n groot stryd voer teen die godsdiensowerhede van hul tyd. Dit voel dikwels soos twee blanke volke wat oor die eeue heen hande kon vat vir dieselfde ideale — geloof in een God, ras suiwerheid en 'n diepe waardering en bewaring vir hul eie kultuur.
Vir die wat belangstel: ons is tans besig om die hele boek te verwerk. Jan Ott se huidige studies van die manuskrip oor die laaste paar dekades was 'n redelike groot mate van aanmoediging. Daar is beslis iets baie antieks aan, anders as wat die soms kleurvolle aanvalle wil beweer. Hoe dieper mens in die oorsprong delf, hoe duideliker word dit dat die meeste groot kritiek berus op vooropgestelde idees, foutiewe aannames, en staatmaak op die gemiddelde mens se onkunde. Daar is selfs 'n duidelike godienstige aanslag daaragter.
Die godsdienstige kritiek spruit hoofsaaklik voort uit die vermelding van 'n Almagtige Skepper genaamd Wr-alda. Nee, dit is nie ’n direkte verwysing na die God van Israel of na die Bybel nie. Tog is dit merkwaardig dat die boek ’n duidelik monoteïstiese gosdsiens handhaaf. Wr-alda, of Wr-alda se gees, word beskryf as die enigste ewige, volmaakte en almagtige wese, terwyl afgode en die verering van mense verwerp word. Die teks beklemtoon dat eerbied en aanbidding aan Wr-alda alleen behoort. Daarom beskou die teks dat om goddelike eer aan iemand of iets anders te gee, simbolies ’n soort “roof” teenoor Wr-alda is.
Dan is daar natuurlik die baie eienaardige Yes.us-figuur uit Kashmir wat ook as Buddha bekend gestaan het. In die teks word dié figuur egter slegs as 'n historiese, interessante figuur in die verbygaan gemeld, en die skrywer poog geensins om 'n verband te trek met Yeshua uit die Nuwe Testament nie, iets wat 'n godsdienstig gefrustreerde of wraakgierige vervalser waarskynlik sou probeer uitbuit het.
Dit is werklik moeilik om die teks met sekerheid te dateer. Die meeste navorsers glo dit is 'n vervalsing waarmee 'n groep vir Dr. Jan Ottema vir 'n aap gevat het. Aangesien dit die enigste eksemplaar is, kan mens dit ook nie met ander tekste vergelyk om toevoegings of weglatings te bepaal nie. Dit is getrou deur die jare deur net een familie oorgeskryf, en daar het beslis verbeeldingryke idees ingesluip. Maar oor die algemeen is die teks baie nugter, en verskeie mitologiese figure soos Minerva, Minos en Odysseus word as gewone mense beskryf eerder as die bonatuurlike mitologiesewesens wat ons mee bekend is.
Die verhaal van Atlantis is egter verskriklik interesssant. Die dokument se bewering dat hierdie "Ou Land" (Aldland - "Ald" beteken "Ou") in die Noordsee geleë was, kon vroeër as wensdenkery afgemaak word, maar toe verskeie antieke artefakte langs die Noordseekus uitspoel, het geleerdes begin regop sit. Skielik was daar sprake van 'n enorme, weggesinkte kontinent tussen Noorweë en Engeland.
Die nuwe publikasie gaan verskeie uitgebreide bylae agterin hê wat die egtheid van die dokument, Doggerland, en talle mitologiese en historiese aspekte diepgaand behandel. 'n Nuwe inleiding is geskryf, maar nog meer belangrik... die hele teks is opnuut vertaal. Sommige gedeeltes maak gebruik van Jan Ott se werk, en daar is voetnotas bygevoeg om te help met konteks. Hierdie nuwe vertaling het 'n meer antieke gevoel (dalk swaarder as die ou Afrikaans wat Kamiel Ingels destyds uit Ottoman verwerk het vir my pa) maar behou sover moontlik die egte aard van die bronteks.
Ons deel meer inligting sodra ons nader aan publikasie kom.