24/11/2025
Ek protect ma net my peace,
Van is koud hier buite.
Goeie vrinne van laast jaar isan Nou ñ hater.
Ek move aleen van is tough as jy in ñ team is.
Vrinne create probleeme,
Probleeme create die demons.
Hie sal jy Moet sterk staan,
Glo net an die Hemel se Vader as dinge erg gan.
Van sometimes isie liewe net ñ test.
Van os bid nie waner dit goed gan,
Os bid net waner dit sleg gan.
Ek was een dai mense,
Soedra ek met iets biesag is Dan sê Ek soema Al my planne.
En as Ek fail en Dan klap hulle hande.
Toe beginne Kap Ek zip ,en my dinge het verander.