Ons Winkel Groblersdal

Ons Winkel Groblersdal Ons Winkel is die skenkings of thrift-winkels van die Suid-Afrikaanse NPO Solidariteit Helpende Hand met winkels regoor SA. Beskerm jouself.

Die winkels neem en verkoop enige skenking. Fondse word aangewend vir gemeenskapsprojekte en studiefondse vir behoeftige studente. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Person

e met gestremdhede
• Ouer persone

Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Kom maak n verskil in die gemeenskap. RSVP by Carol
01/06/2026

Kom maak n verskil in die gemeenskap. RSVP by Carol



50% afslag op alle klere. Moenie uitmis nie, kom loer in.
30/05/2026

50% afslag op alle klere. Moenie uitmis nie, kom loer in.

50% afslag - Dames langbroeke, slegs 28 Mei. Moenie uitmis nie.
27/05/2026

50% afslag - Dames langbroeke, slegs 28 Mei. Moenie uitmis nie.

Elke skenking maak n verskil. Ons kan ook skenkings kom oplaai indien u nie self kan kom aflaai nie.
27/05/2026

Elke skenking maak n verskil.

Ons kan ook skenkings kom oplaai indien u nie self kan kom aflaai nie.


Kom kuier vir ons. Pragtige items op die rakke.
26/05/2026

Kom kuier vir ons. Pragtige items op die rakke.

23/05/2026

Met jou ongewenste items kan Helpende Hand wonderwerke verrig. Ons Winkel is 'n tweedehandse skenkingswinkel waar jy jou gebruikte items kan skenk of self 'n winskopie of twee kan opraap.
Skenk aan jou naaste ons winkel hier: https://helpendehand.co.za/ons-winkel/

Ons is oop tot 13:00. Kom loer in, jy weet jy wil. 😁Dankie aan almal wat skenk en aankope doen.
23/05/2026

Ons is oop tot 13:00. Kom loer in, jy weet jy wil. 😁

Dankie aan almal wat skenk en aankope doen.

2 kluise beskikbaar
20/05/2026

2 kluise beskikbaar

Babybullet - R350
20/05/2026

Babybullet - R350

Verskeie kinderklere beskikbaar.Ons het oulike kinder storieboeke, afrikaans en engels beskikbaar. R10 elk.
18/05/2026

Verskeie kinderklere beskikbaar.

Ons het oulike kinder storieboeke, afrikaans en engels beskikbaar. R10 elk.

Address

3 Mark Street
Groblersdal
0470

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Groblersdal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share