Ons Winkel Groot Brak

Ons Winkel Groot Brak Ons kan letterlik wonderwerke verrig met u ongewenste items! Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Beskerm jouself.

Afgesien van die skep van werk (die persoon wat die winkel bestuur), help die Ons Winkel-skenkingswinkel ook met talle ander liefdadigheidsprojekte, soos om studiefondse beskikbaar te stel vir d Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:

• Kinders
• Gesinne
• Person

e met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se
demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële

bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Goei more al ons mense van ons Winkel GrootbrakBaie dankie vir elke skenking wat ons ontvangOns werk vir almalOns verkoo...
17/08/2026

Goei more al ons mense van ons Winkel Grootbrak
Baie dankie vir elke skenking wat ons ontvang
Ons werk vir almal
Ons verkoop die skenkings en die fondse word aangewend vir rente vrye studie lenings vir minder bevoorregte kinders
Van die fondse word ook oorgedra na die Helpende Hand tak van Mosselbaai om ook hulle projekte te befonds
So saam maak ons n verskil in die mosselbaai omgewing
Hier is n paar items wat te koop is
Kom maak gerus n draai daar is dalk net iets met jou naam op
Alle dames klere R25
Alle mans klere R30
Rokke R40
Kinderklere R15
Baba klere R10
Ons baaitjies begin by R50 n baaitjie
Kom loer gerus na ons uitgesoekte klere van baie goeie gehalte
Kontak asb die winkel vir navrae 0714216670










06/08/2026

Wie het nou Gedink Ons Winkel Groot Brak gaan veroorsaak dat mense huweliks berading nodig kry 😱😱😱.

LEES MEER HIER ONDER 👇 👇 👇 👇

"Hi

My naam is Rila ek rol my R en voel sommer 'n VEER vir mense se opinies, ek was bietjie na Ons Winkel Groot Brak toe ekt gehoor DIÉ klomp het geskuif en die nuuskierigheid het die oorhand gekry, NOU JA TOE..... vreeslik impressed met jul nuwe winkel, hiers sommer n lekkerrrrrrrr video....

So terloops... Ek stuur die rekening vir jou aan vir ons huweliks berading,🙄 my man like nou glad nie die nuwe skrop nes wat ek ontdek het nie, maar toemaar, ek los hom volgende keer by die huis..".

Los die manne by die huis of by Oom Vetkoek en kom krap in ons nuwe winkel! *! *! *!

⛔ ⛔ ⛔
⚠️ Vrywaring: Hierdie advertensie bevat 'n fiktiewe karakter en verhaal wat vir bemarkingsdoeleindes geskep is. Enige ooreenkoms met werklike persone of gebeurtenisse is bloot toevallig. ⚠️

Theo Labuschagne Oom Vetkoek Dailybreadbakeryrsa Brakrivier Karwas / Car Wash Langstraat Mall

REUSE UITVERKOPING BY ONS WINKEL GROOTBRAK.📍 1 END STRAAT LANGSTRAAT MALL📲 071 421 6670
04/08/2026

REUSE UITVERKOPING BY ONS WINKEL GROOTBRAK.

📍 1 END STRAAT LANGSTRAAT MALL
📲 071 421 6670

03/08/2026

🎉 ONS HEROPEN MAANDAG 3 AUGUSTUS ! 🎉

Ons Winkel Groot Brak is opgewonde om julle in ons nuwe perseel te verwelkom!

📍 Locals Pub se ou gebou
1 Endstraat, Langstraat Mall, Groot Brakrivier

🕗 Heropening: Maandag om 08:00

Kom vier hierdie nuwe avontuur saam met ons en ontdek hope bekostigbare skatte en ongelooflike winskopies!

📞 071 421 6670

Sien julle daar!!!

Ons Winkel Groot Brak Solidariteit Helpende Hand - Wes-Kaap Streek Theo Labuschagne

01/08/2026

🚨 GRATIS! GRONDPADJIE-SKATTE! 🚨

Môre vanaf 08:00 gee ons hope items GRATIS weg!

Ons trek na ons nuwe winkel langsaan, en baie ou voorraad, asook items met klein skade, gaan nie saam nie. In plaas daarvan om dit weg te gooi, gee ons dit graag vir die gemeenskap.

📍 1 Endstraat, Langstraat Mall, Groot Brakrivier (by ons ou perseel)

⏰ Vanaf 08:00
👉 Eerste daar, eerste kry! Geen besprekings of hou-items nie.

Ken jy 'n NPO, kerk, tweedehandse winkel, markstalletjie of iemand wat dit regtig kan gebruik? TAG hulle hieronder en DEEL hierdie plasing sodat dit die regte mense bereik.

Ons sien julle môre! 🎉

Alle vooraad 50%-80% afslag vir beperkte tyd.Kom vinnig om teleurstelling te vermy
01/08/2026

Alle vooraad 50%-80% afslag vir beperkte tyd.

Kom vinnig om teleurstelling te vermy

01/08/2026

🪧 🔔 🪧 🔔 🪧 📢 AANDAG 🪧🔔

ONS TREK! 🎉

Vanaf Maandag, 3 Augustus, sal Ons Winkel Grootbrak in die Locals-perseel wees.

Terwyl ons vandag besig is om te trek, sal daar baie voorraad gratis uitgedeel word, asook talle items teen uiters lae pryse beskikbaar wees.

🕙 Kom loer gerus tussen 10:00 en 12:00.

Ons vra vriendelik vir almal se geduld en begrip gedurende hierdie besige tyd. Alhoewel ons oorspronklik vandag sou sluit om die trek af te handel, doen ons ons bes om steeds vir ons kliënte oop te bly tot n mate.

Ons span werk hard om alles betyds gereed te kry vir Maandag.

Daarom vra ons dat ons personeel asseblief die geleentheid gegun word om op die verskuiwing te fokus.

Kliëntediens mag vandag effens stadiger wees as gewoonlik asook heeltemal anders werk, en ons waardeer u begrip opreg.

Baie dankie vir julle voortdurende ondersteuning ons sien uit daarna om julle vanaf Maandag in ons nuwe winkel te verwelkom! 💙




📍 1 End straat langstraat mall Grootbrak
📲 071 421 6670

NEEM KENNIS ONS SLUIT 12:00 VANDAG IN ONS OU PERSEEL EN MAAK WEER MAANDAG 08:00 OOP I DIE WINKEL LANGSAAN (WAAR LOCALS W...
31/07/2026

NEEM KENNIS ONS SLUIT 12:00 VANDAG IN ONS OU PERSEEL EN MAAK WEER MAANDAG 08:00 OOP I DIE WINKEL LANGSAAN (WAAR LOCALS WAS)

Ons sien uit om ons nuwe perseel met ons kliënte te deel.

🚨 BIG NEWS! ONS WINKEL GROOTBRAK IS MOVING! 🚨Don't worry—we're only moving NEXT DOOR! 🎉📍 You'll now find us in the shop ...
30/07/2026

🚨 BIG NEWS! ONS WINKEL GROOTBRAK IS MOVING! 🚨

Don't worry—we're only moving NEXT DOOR! 🎉

📍 You'll now find us in the shop where We're Locals Pub used to be. Keep an eye on our page for exciting updates as we settle into our new home!

⚠️ Please note:
🕛 We will be closing on Friday, 31 July at 12:00 and will re-open on Monday at 08:00.

🎉 TODAY & TOMORROW ONLY – 50% OFF SELECTED STOCK! 🎉

✅ All clothing – 50% OFF
✅ All kitchenware – 50% OFF
✅ Frames
✅ Ornaments
✅ Ironing boards
✅ Curtain rails
✅ Linen
✅ Bags & suitcases
✅ And much more!

❌ Excludes furniture, coats and jackets.

Come grab some incredible bargains before we move! We can't wait to welcome you to our new shop next door. ❤️

🎁🎁🎁🎁 For this TIME ONLY ALL BOOKS, DVDS, CD'S ARE FREE PLEASE COME FETCH.

📍 1 End straat Longstreet Mall Grootbrak
📲 071 421 6670

🚨 GROOT NUUS! ONS WINKEL GROOTBRAK TREK! 🚨

Moenie bekommerd wees nie ons trek net LANGSAAN! 🎉

📍 Julle sal ons vind in die perseel waar Locals Pub voorheen was. Hou ons blad dop vir nuwe nuus terwyl ons in ons nuwe winkel intrek!

⚠️ Neem asseblief kennis:
🕛 Ons sluit Vrydag, 31 Julie om 12:00 en heropen Maandag om 08:00.

🎉 VANDAG EN MÔRE SLEGS – 50% AF OP GESELEKTEERDE VOORRAAD! 🎉

✅ Alle klere – 50% AF
✅ Alle kombuisware – 50% AF
✅ Rame
✅ Ornamente
✅ Strykplanke
✅ Gordynrelings
✅ Linne
✅ Sakke en tasse
✅ En nog baie meer!

❌ Uitsluitend meubels, jasse en baadjies.

Kom maak gebruik van hierdie ongelooflike aanbiedinge voordat ons trek! Ons sien daarna uit om julle in ons nuwe winkel, net langsaan, te verwelkom. ❤️

🎁🎁🎁 VIR HIERDIE TYDPERK ALEENLIK IS ALLE BOEKE, DVDS EN CD'S GRATIS KOM HAAL ASSEBLIEF.

📍 1 End straat langstraat mall Grootbrak
📲 071 421 6670.

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simb...
30/07/2026

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simbool van groei, dankbaarheid en genade.

By Ons Winkel Heiderand asook Ons Winkel Groot Brak glo ons dat dankbaarheid die mooiste uitdrukking vind wanneer dit met ander gedeel word. Daarom het ons die week die geleentheid aangegryp om 'n betekenisvolle verskil in ons gemeenskap te maak deur 'n item uit ons winkel te skenk aan iemand wat dit werklik nodig het.
127 Ons Winkels = 127 Dade van Hoop

Daar is 'n werklikheid wat baie van ons nooit sien nie... Ouer mense wat hul laaste jare in versorgingsentrums deurbring sonder familie wat kom kuier, sonder iemand wat hul hand vashou, en sonder 'n ondersteuningsnetwerk.

Vandag het ons doeke en beddegoed geskenk uit wat ons tot ons beskikking gehad het. Dit mag klein lyk, maar vir iemand anders beteken dit waardigheid, troos en die wete dat iemand omgee.

As jy iets het wat jy kan afstaan – beddegoed, komberse, handdoeke, doeke of enige bruikbare items – oorweeg dit om dit te skenk. Saam kan ons 'n verskil maak in die lewens van mense wat so maklik vergeet word.

'n Klein gebaar kan vir iemand die wêreld beteken. ❤️

Hierdie Dade van Hoop projek is n Nasionale projek gestig deur Ons hoofkantoor waarin ons een keer 'n jaar die geleentheid kan aangryp om hierdie gebaar te kan uit voer.

Address

1 End Street
Groot-Brakrivier

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Saturday 08:00 - 12:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Groot Brak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share