Ons Winkel Harties

Ons Winkel Harties Jou item is nie net 'n item vir ons nie! Dit is 'n toekoms. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Beskerm jouself.

Ons Winkel Harties is 'n skenkingswinkel wat werkskepping bied; uit die wins van die verkope bied ons maatskaplike hulp aan en gee kinders geleenthede om te gaan studeer. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer

persone

Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe

Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Naand Harties ♡ môre is ons laaste SASSA afslag dag op klere, skoene en linne. Ek is jammer as ek nie altyd pryse by die...
05/08/2026

Naand Harties ♡ môre is ons laaste SASSA afslag dag op klere, skoene en linne.

Ek is jammer as ek nie altyd pryse by die foto's plaas nie, ek kan ongelukkig nie alle pryse onthou *( jammer julle. Maar kom loer gerus.

Harties het 'n nuwe nommer wat julle dan die winkel self dadelik kan bel.

081 367 4668

Geseënde aand
Liefde
Janet

Middag julle ♡ Onthou SASSA afslag op klere, skoene en linne, tot Donderdag *)
04/08/2026

Middag julle ♡ Onthou SASSA afslag op klere, skoene en linne, tot Donderdag *)

Naand julle ♡ môre is Ons Winkel se laaste 50% afslag dag...Kom kuier gerus.Liefde Janet
30/07/2026

Naand julle ♡ môre is Ons Winkel se laaste 50% afslag dag...

Kom kuier gerus.

Liefde
Janet




127 Dade van Hoop ♡
27/07/2026

127 Dade van Hoop ♡

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simb...
24/07/2026

Ter herdenking van die 100ste Ons Winkel wat op 28 Julie 2021 sy deure oop gemaak het, vier ons hierdie datum as 'n simbool van groei, dankbaarheid en genade.

By Ons Winkel Harties glo ons dat dankbaarheid die mooiste uitdrukking vind wanneer dit met ander gedeel word. Daarom het ons vandag die geleentheid aangegryp om 'n betekenisvolle verskil in ons gemeenskap te maak deur 'n item uit ons winkel te skenk aan iemand wat dit werklik nodig het.
127 Ons Winkels = 127 Dade van Hoop
As deel van die 2026 se Dade van Hoop-projek was dit vir Ons Winkel Harties 'n voorreg om iemand in ons gemeenskap te ondersteun met ’n item wat hul benodig uit ons winkel.
Hier is Ons Winkel Harties se Daad van Hoop.

Middag Harties ♡ Die weer is so lekker aangenaam, kom loop bietjie rond...Hoop om julle gou te sien, onthou ons uitverko...
22/07/2026

Middag Harties ♡ Die weer is so lekker aangenaam, kom loop bietjie rond...

Hoop om julle gou te sien, onthou ons uitverkoping begin Saterdag...

Groete Janet






Geseënde aand Harties ♡
16/07/2026

Geseënde aand Harties ♡

Middag Harties ♡Julle moet kom loer, hier is iets vir almal...Hoop om julle te sienOns is in die Midas Plaza sentrum.Die...
09/07/2026

Middag Harties ♡

Julle moet kom loer, hier is iets vir almal...

Hoop om julle te sien

Ons is in die Midas Plaza sentrum.
Die Ou wapad Ifafi.
Kontak ons gerus
0619451917
0734064574!





Môre Harties ♡ ek sit vanoggend by die lisensie kantoor en het bietjie tyd om aan God se beloftes te d**k en te d**k waa...
02/07/2026

Môre Harties ♡ ek sit vanoggend by die lisensie kantoor en het bietjie tyd om aan God se beloftes te d**k en te d**k waar hy oorals was sonder dat ek geweet het...ek het Hom so lief al maak dinge seer en die lewe moeilik is, het Hy my nog nooit verlaat...

Geseënde dag Harties
Liefde Janet
#

Kom loer gerus ♡♡
23/06/2026

Kom loer gerus ♡♡

Address

Midas Plaza, 117 Die Ou Wapad
Hartbeespoort
0216

Opening Hours

Monday 08:30 - 17:00
Tuesday 08:30 - 17:00
Wednesday 08:30 - 17:00
Thursday 08:30 - 17:00
Friday 08:30 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Harties posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Harties:

Shortcuts

Share