25/08/2026
Bloemfontein - Karel Schoeman
R380 Sagteband
https://theronbooks.com/books/bloemfontein-karel-schoeman/
In 1846 is 'n klein Britse garnisoen in die nabyheid van die Bloemfontein geplaas in 'n poging om die vrede in die Transoranje te bewaar: honderd jaar later het hier 'n stad van meer as sestigduisend inwoners bestaan. Hoe dit gebeur het, is die onderwerp van hierdie boek deur Karel Schoeman, waarin hy, soos hy self sê, veral geinteresseerd was in "hoe Bloemfontein in die verlede gelyk het en hoe dit was om hier te woon".