05/12/2025
Spring! stel bekend Mnr X Potlood!
Mnr X Potlood help kinders om hulle maal tafels te leer, van 1 x tafels tot by 12 x tafels.
Mnr X stelle bestaan uit:
* 13 potlode (3 mm mdf hout) almal met Mnr X se gesiggie op.
* Die eerste Mnr X is om die kind se naam en van op te grafeer teen geen ekstra kostes.
* Die ander twaalf dele is die maal tafels met 'n groot nommer by die potlood se punt om maklik en vinnig die regte maal tafel te kry.
* Potlode is 17,5 cm lank en 7 cm breed (by die oë), 5 cm (by die maaltafels). Op mekaar gestapel is Mnr X 'n stewige 4 cm vet. Net die regte grootte vir klein handjies en ook maklik om op te spoor.
* Potlode kan deur die kind self ingekleur word en so kan die kind bv weet dat 2 x tafels is die groen potlood en 3 x tafels is pienk.
* Mnr X kan ook uitmekaar gehaal word sou dit verkies word, veral vir die jonger kinders wat net die eerste paar tafels leer. Die res kan dan gebêre word en bygevoeg word soos nodig.
Mnr X Potlood (glad nie ingekleur) word slegs op bestelling gemaak en wanneer betaling ontvang is.
Kry jou kind se Mnr X Potlood nou teen R380.
Bestellings kan geplaas word by 082 784 8782.
LET WEL: GEEN OPROEPE NIE ASB, SLEGS BOODSKAPPE.