Ons Winkel Malelane

Ons Winkel Malelane Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met

gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

🎉 Funny story loading... 🤣Don't miss out on the fun, laughter, and unexpected moments from the world of Ons Winkel *Male...
19/06/2026

🎉 Funny story loading... 🤣

Don't miss out on the fun, laughter, and unexpected moments from the world of Ons Winkel *Malelane & Komatipoort*!

Follow our channel for entertaining stories, behind-the-scenes moments, great finds, and plenty of good vibes. 😄✨

👉 Join the fun and be part of the Ons Winkel family! ❤️

Follow Ons Winkel Malelane & Komatipoort's WhatsApp Channel. Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Join 52 followers for the latest updates.

13/06/2026
10/06/2026

𝕎𝕚𝕟𝕜𝕖𝕝-𝕎𝕠𝕖𝕟𝕤𝕕𝕒𝕘! 🛒

Vandag stel ons jou voor aan Jolandi van Ons Winkel Malelane. Sy is al drie jaar die trotse winkeleienaar en werk elke dag saam met haar span om ’n positiewe verskil in die gemeenskap te maak.

Vir Jolandi beteken “werksyn” toewyding, trots en ’n positiewe gesindheid – om elke dag jou beste te gee en daardie ekstra myl te loop. Met ’n passie vir mense glo Jolandi dat vriendelikheid, omgee en hoop die boustene van ’n beter gemeenskap is.

Kom ondersteun Ons Winkel Malelane en word deel van ’n storie van hoop, omgee en gemeenskapsbou. Dankie Jolandi en jou span vir die verskil wat julle maak!

📍 Impalastraat 11, Malelane, Mpumalanga, 1320

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

10/06/2026

🧥❄️ BLAZER-SKENKINGS GESOEK! ❄️🧥

Het jy blazers wat net in 'n kas hang en nie meer gebruik word nie?

Skenk dit aan Ons Winkel Malelane of Komatipoort en help ons om fondse in te samel vir waardevolle gemeenskapsprojekte.

Ons is op soek na: 🧥 Mansblazers 🧥 Damesblazers 🧥 Winterbaadjies 🧥 Netjiese formele baadjies.

Jou skenking kry nie net 'n tweede lewe nie dit help ook om hoop en geleenthede in ons gemeenskap te skep.

📍 Skenk by Ons Winkel Malelane of Komatipoort.

Malelane: 18 Impala straat oorkant Oasis water winkel.

Komatipoort: Spar kompleks oorkant Buco.

🚚 Gratis afhaaldiens beskikbaar vir groter skenkings.

Baie dankie vir elke skenking. Saam maak ons 'n verskil! 💙

09/06/2026
07/06/2026

Voed 'n honger magie.

Dit is hartverskeurend dat so baie kleuters afhanklik is van 'n bord kos by die skool as hul primêre of enigste ete vir die dag. Die -projek ondersteun behoeftige kleuterskole met voeding.

Jy kan help om 'n kind te voed: www.kosblikkie.co.za

02/06/2026

Opvoeding bring uitkoms en bou aan 'n blink toekoms. Dit is hoekom dit elke kind se reg is om skool toe te gaan.

Die Skooltassie-projek se impak strek verder as die verskaffing van 'n fisiese tassie. Deur jong leerders van kleins af te bemagtig, stel ons hulle op vir 'n pad na sukses. Omhels vandag hierdie projek en skep 'n geleentheid vir 'n graadeentjie om sy of haar volle potensiaal te bereik deur 'n skooltassie te borg.

Skenk 'n tassie, skenk 'n toekoms. Word hier deel van die Tassie-projek: https://helpendehand.co.za/skenk-n-tassie/

Address

Malelane

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:30
Tuesday 09:00 - 16:30
Wednesday 09:00 - 16:30
Thursday 09:00 - 16:30
Friday 09:00 - 16:30
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27826195800

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Malelane posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Malelane:

Share