20/09/2026
Wat ân dag. Wat ân gemeenskap. Wat ân ongelooflike Oesland Basaar 2026! đ©·đ§Ąđ
Ons harte loop oor van dankbaarheid.
Van vroegoggend se kleurloop tot die laaste lekker kuier by die Mandjiedans, oral was daar lag, lekker kos, musiek, kinderpret, bekende gesigte, nuwe vriende en daardie besondere Oesland-gees wat ân mens nie sommer in woorde kan vasvang nie.
Aan elkeen wat kom saamkuier, eet, koop, speel, dans, deelneem en ondersteun het: baie, baie dankie. Julle het nie net ân basaar bygewoon nie, julle het saam met ons die hartklop daarvan geword.
ân Dag soos hierdie gebeur natuurlik nie vanself nie. Dit vat maande se beplanning, baie gebede, vroeĂ« oggende, laat aande, vlytige hande en ân hele klomp mense wat bereid is om in te spring waar hulle nodig is.
Aan elke helper, vrywilliger, potjiekosspan, beoordelaar, uitstaller, kunstenaar, danser, majorette, aankondiger en elke persoon agter die skerms, dankie dat julle jul tyd, talente en energie so mildelik gegee het.
En dan ân opregte en baie spesiale dankie aan die mense en besighede wat saam met ons in hierdie dag geglo het:
Sasko, Incanda Furniture, Delico, Darling Romery, Jou Stasie, Perron FM, Swartland Joernaal en Swartland Tourism.
Dankie vir elke borgskap, skenking, stukkie blootstelling en ondersteuning. En aan Inecke Photography, ân ekstra dankie vir die ongelooflike vasvang van ons dag... die fotoâs laat ons sommer alles weer van voor af beleef! đž
Sonder julle sou ons eenvoudig nie so groot kon droom nie. Dankie dat julle in ons gemeente Ă©n ons gemeenskap belĂȘ en gehelp het om Oesland Basaar 2026 moontlik te maak.
Maar bo alles is ons dankbaar teenoor die Here. Vir ân mooi dag, vir mense wat hande vat, vir ân gemeenskap wat opdaag en vir die voorreg om saam te werk, saam te dien en saam fees te vier.
Oesland Basaar is meer as net ân dag op die kalender. Dis mense. Dis gemeenskap. Dis saamwees. Dis ons hartklop.
En nĂĄ alles wat ons beleef het, bly daar eintlik net twee woorde oor:
Dankie, Jesus! đ
Perronfm 95.1 Jou Stasie Swartland NG Gemeente Swartland Joernaal Malmesbury Tourism