Karoo Blessings

Karoo Blessings We make handcrafted Divinity nougat

https://www.backabuddy.co.za/campaign/hope-and-gratitude-for-joshuaKom ons dra hierdie familie in die moeilike tyd...Jos...
31/05/2026

https://www.backabuddy.co.za/campaign/hope-and-gratitude-for-joshua

Kom ons dra hierdie familie in die moeilike tyd...

Joshua is die Carla's Kisses Fluffysorus-reeks se begunstigde. Ons bid saam vir julle elkeen. Wysheid vir die medici...
Vader se Vrede wat alle verstand te bowe gaan...
En ons weet Sy liefde sal julle dra...

It is with heavy hearts that we share that Joshua Le Roux (8 years old), son of Karla Lawrence and Brent Lawrence , with his dad, Stebastiaan ...

06/11/2025

Ons is steeds besig met ons projek...

Net sodat almal weer onthou - R30 van elke boxie se geld gaan na Merweville Boere toe. Die geld (saam met donasies wat ons vir die boere ontvang) word by een van die besighede op die dorp inbetaal.

Ons beplan om dv begin Desember weer 'n verdeling te maak en gaan die geld by Douvoordag Slagtery inbetaal word - betyds om iets lekkers vir die kerstafel en kuiermense te kry...

Jy kan 'n verskil maak in 'n gesin se lewe deur 'n boxie te bestel @ R250,00. Alle bestellings wat in November gemaak word, se geld sal begin Desember uitgedeel word en die boxies sal voor middel Desember gecourier word.

Bestel vandag nog by 0836594684 of gaan loer op ons webwerf - www.karooblessings.co.za.

As jy nie kan of wil bestel nie - bid asb saam met ons vir reën... Vra dat Vader ons sal help om ons oë op Hom te hou, om die vrees uit ons harte weg te vat en nie benoud te word nie, maar vas te hou aan Hom. Dit help die heel meeste...

En soos Alida Victor vir Tolie gesê het: "As die Here ons híérdie droogte los, is dit die eerste keer wat Hy ons los..." Dankie tog dat ons kan terugkyk en Sy voorsiening sien... So het Hy ook verlede week vir Burre en sy span gestuur om vir ons voer af te laai... Genade onbeskryflik groot...

Saam stap ons hierdie pad - elkeen besig met sy eie "droogte"... Maar dankie tog vir "doringbome" langs die pad...

04/10/2025

I got over 10 reactions on one of my posts last week! Thanks everyone for your support! 🎉

Ek het die groot voorreg gehad om 'n stukkie van ons Storie van Hoop te deel tydens die bekendstelling van die lied "Waa...
01/10/2025

Ek het die groot voorreg gehad om 'n stukkie van ons Storie van Hoop te deel tydens die bekendstelling van die lied "Waar Stilte Sing" gekomponeer vir pyporrel deur Prof Theo van Wyk met woorde deur Rudi van Wyk. Wat 'n voorreg om hierdie pioniersoomblik - waar "stilte" en "klank" ontmoet met die Trans-Oranje Skool vir Dowes se koor, Hands of Harmony en die pyporrel...

Dan het ek ook die voorreg gehad om 'n Klop op die Skouer-toekenning te ontvang namens Karoo Blessings... Hierdie toekenning is in die 1ste plek die Here s'n - Hy het ons op hierdie amazing pad gevat en voor ons uitgeloop. Dankie Andre En Suzaan Theron dat jy hierdie pad vir 3 jaar saam met my gestap het - my "Sister from another mister" - die een met oë... Dan wil ek die toekenning opdra aan elkeen wat, op watter manier ookal, ons hande gevat het en ingekoop het in ons storie en deel daarvan geword het. Sonder julle bydraes sou ons dit nie kon doen nie... DAN... Laaste, maar beslis nie die minste nie - ELKE KLIëNT WAT 'n BOERE BLESSING BOX GEKOOP HET - Saam maak ons 'n verskil...

Gister was Karoo Blessings 5 jaar oud... Wat 'n pad... Wat 'n storie... Op nog vele meer 5-jare... Mag dit ALTYD tot eer van Hom wees...

Vandag vlieg ek en die kinders se pa Randburg toe.  Ek het dv môre-oggend die voorreg om 'n stukkie van Karoo Blessings ...
19/09/2025

Vandag vlieg ek en die kinders se pa Randburg toe. Ek het dv môre-oggend die voorreg om 'n stukkie van Karoo Blessings se Storie van Hoop te gaan deel. Opgewonde...

Mag elkeen wat dit hoor 'n stukkie Hoop kry en beleef hoe lief ons Abba ons elkeen het...

Ons elkeen het 'n Storie... Deel joune - iemand het nodig om dit te hoor...

Address

59 Voortrekkerstraat
Merweville
6940

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Karoo Blessings posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Karoo Blessings:

Shortcuts

Share

Category