01/09/2025
Vanoggend kyk ek bietjie deur net.wees se Facebook blad... logo het n paar keer verander. Ek het die besigheid begin... gestop... begin... gestop.... en nou is ek weer terug en ek wil graag my storie met julle kom deel.
Die laaste jaar het ek deur dinge gegaan. Onder andere vrees... wat verander het in angstigheid. Angstigheid vir my kinders se toekoms, hulle wat groot word en op die punt is om ons huis te kan verlaat... hoe stuur ons hulle in die wrede wêreld in... Ek moes vir Vader jammer sê, want hulle is Sy kinders, Hy sal na hulle kyk. Ek is vry van vrees en angstigheid... Ek het in die jaar geestelik gegroei en baie sterker geword. Ek moes vergewe en vryspreek... (as jy iemand nog moet vergewe, doen dit so gou as wat jy kan. Glo my, dit is die moeite werd. Jy gaan so so lig en vry voel. As jy sukkel met onvergewensgesindheid, chat met my. Ek en my man help graag waar ons kan en ek sal my getuienis met jou deel).
My storie
Ek was in die bevoorregte posisie om al die jare n tuisteskepper te kon wees en my kinders self te kon groot maak.
Al die jare as n tuisteskepper het ek my eie handgemaakte produkte gemaak. (Ek love dit om kreatief te wees). Ek wou so graag my produkte iewers in n winkel verkoop maar kon nêrens die geleentheid kry nie (ek moet sê ek het dalk ook nie so lank en hard genoeg gesoek nie). ☺️ Ek het altyd vinnig negatief geraak oor negatiewe kommentaar of as ek nie regkom nie... dan sal ek sommer vinnig vinnig op gee.
My droom van jare en jare terug, was om n winkel te hê waar ek ander tuisteskeppers kan help om hulle produkte te kan verkoop en hulle eie finansies te verdien. (Dis nie altyd lekker om manlief te vra vir geld as jy iets wil doen nie). Nie dat Stefan ooit n probleem gehad het om te help waar hy kan nie. Baie dankie my lief, vir alles wat jy al die jare vir my en ons kids gedoen het, en nogsteeds doen.
Ek het toe 5 jaar terug begin met die besigheid, net.wees. Die fout wat ek gemaak het is, ek het gedink ek gaan die besigheid aan die gang kry, en as my besigheid groei sal ek tuisteskeppers soek. Ek het toe so besig geraak met my eie produkte maak, dat ek nooit uitgekom het om ander dames te soek nie. 🙃
En al2 kere wat ek met die besigheid begin het, wou net niks uitwerk nie. Daarom kom doen ek dit vandag op die regte manier wat Heilige Gees my kom wys het hoe ek dit moet en moes doen.
Ek het n droom gehad so 3 weke terug. Die betekenis van die droom is dat dinge gaan gebeur maar dit gaan nie lyk soos wat ek gedink het nie. Ek het dadelik geweet dit het met die besigheid te doen. Ek het gedink ek gaan n winkel hê, maar ek ervaar toe ek moet online begin.
Ek het n paar tuisteskeppers en pensionarisse gekry en ek verkoop hulle produkte namens hulle. (Gaan later vandag fotos opsit) So wanneer jy iets hier koop, ondersteun jy pensionarisse, tuisteskeppers en ook vir my.💐
Ek het so paar jaar terug vir Magda, van my droom vertel. Ek wil n winkel hê waar mense
net(hulle self kan)wees. Heilige Gees druk dit toe op haar hart... "net.wees" skreeu sy opgewonde uit😁... dankie Magda Jochimsen, ek gaan die naam nogsteeds gebruik, want dit het n baie spesiale betekenis vir my. En wie weet... dalk kom die winkel nog eendag.
Kom ons ondersteun mekaar en bou mekaar op, eerder as afbreek. Almal soek net liefde en aanvaarding. En mag jy iemand spesiaal laat voel daar waar jy is.
⚘️As hier enige tuisteskeppers en pensionarisse is wat handgemaakte produkte maak en deel wil word van die Net.Wees span... is julle welkom om met my te gesels.⚘️
Geseënde dag vir elkeen van julle.😇
Onthou! Jy is geliefd en spesiaal, moet dit nooit vergeet nie.💐💐
Jesus liefde
Belinda Nortje
073 306 2468