11/10/2021
Die somer is op ons voorstoep en ‘n spesiale dank gaan uit aan Kort-Koba wat vir ons baaikostuums van heinde en verre beskikbaar stel.
Vir jóú met die perdeby-lyfie wat al heel jaar oefen en ‘n size piepklein dra - Kort-Koba het ‘n nommertjie met jou naam op.
En jý, vollyf-vrou, wat nog sukkel om 2 winters terug se vetjies af te skud en nou hundred-en-sexy weeg, jy kan ook nou kies en keur.
Daar is selfs vir die Baba-Bertas en Klein Janne iets om oor die boude te trek.
Bestellings sluit Dinsdag 12 Oktober teen 17:00.
Met die stakings, betogings en potholes wat die N1 vol strek, sal ons 3 tot 4 weke geduldig vir die baaikostuums se aankoms moet wag.
Pryse sluit slegs baaikostuums en bedekkings in - nie die modelle of bykomstighede nie.
Aflewering in Moorreesburg is gratis. Vir aflewerings in enige ander dorp sal ons dit met die ‘PEP-Paxi-perdewa’ moet stuur en afhangende van hoe groot jou baaikostuum is, die prys met tussen R80 - R120 aanpas.
Stuur die produk kode (wat op die foto verskyn) met jou naam en adres na 0761382691om jou bestelling te plaas.
Jy sal ‘n faktuur en betalingsbesonderhede ontvang.
Opskud, voor jy die bus mis.