Ons Winkel Mosselbaai

Ons Winkel Mosselbaai Charity shop Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Beskerm jouself.

Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Ons adres is 6 Crookstraat,  MOSSELBAAI. 🫠  Kom maak 'n draai🤩
07/09/2026

Ons adres is 6 Crookstraat, MOSSELBAAI. 🫠 Kom maak 'n draai🤩

23/08/2026

Baie dankie vir julle ondersteuning 🥰Ons pak nog somer voorraad uit.Kom maak 'n draai🧚‍♀️. 6 Crookstraat, MOSSELBAAI 🥰

23/08/2026

Thank you for your support🥰
We have started unpacking our summer stock. Come and have a look . 6 Crook Street,Mossel Bay 🥳

19/08/2026

Die somer is op ons 🌞. Ons is besig om ons somer voorraad uit te pak. Kom maak 'n draai voor dit uitverkoop🤩.6 Crookstraat, MOSSELBAAI.

19/08/2026

The sun 🌞 is shining. We are busy unpacking summer stock. Please pop in 🤩. 6 Crook Street, Mossel Bay 🥳🥳🥳

06/08/2026

🥶Dit is koud🥶. Skenk asseblief julle oortollige linne, gordyne, kombuisware , etc. Ons kan dit ook kom oplaai. Skakel 083 3811 400. 🥶 Ons adres is 6 Crookstraat, MOSSELBAAI

We have have great quality stock 🤩 at 6 Crook Street, MOSSEL Bay🤩
09/07/2026

We have have great quality stock 🤩 at 6 Crook Street, MOSSEL Bay🤩

🤩Kom maak ' n draai by Ons Winkel, 6 Crookstraat MOSSELBAAI.  🥰Ons het baie goeie kwaliteit voorraad 🤩
09/07/2026

🤩Kom maak ' n draai by Ons Winkel, 6 Crookstraat MOSSELBAAI. 🥰Ons het baie goeie kwaliteit voorraad 🤩

15/06/2026

🤩Ons is more, 16 Junie oop tot 12nm🤩

08/06/2026

Ons Winkel Mosselbaai vra ook mooi asseblief vir handoeke en godyne wat julle nie meer gebruik nie🥰

Address

6 Crook Street
Mosselbaai
6500

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Mosselbaai posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Mosselbaai:

Shortcuts

Share