Garden World Nursery

Garden World Nursery This gardener’s paradise creates fresh seasonal ideas with an annual Spring Festival to refresh the gardening palate, managed by Terry Moller in 2024.
(1)

https://gardenworld.co.za/ The Garden World Estate is situated in the tranquil rural surrounds of Muldersdrift, Northwest of Johannesburg in Gauteng. This gardener's paradise creates fresh seasonal ideas for clients to enhance their own gardens, with an annual Spring Festival to refresh the gardening palate.

12/09/2026

JJ sê: Azaleas is klassieke tuinjuwele wat elke lente met helder, oorvloedige blomme uitbars. Rhododendron indicum en grandiflora is kompakte, sterk groeiende variëteite wat skadu‑hoeke en patio’s in ’n kleurvolle blomskou omskep.

Hulle verkies halfskadu, suur, goed gedreineerde grond (Peatmoss Acidic Blend van Protek) en gereelde water. Met hul glansende donkergroen blare en pienk, rooi, wit of pers blomme is hulle ideaal vir tuine en potte. Gee hulle ’n kunsmis spesifiek vir suurliewende plante in lente en laat somer, en snoei lig ná blomtyd. Wanneer hulle gelukkig is, word hulle jaar na jaar net mooier!

𝐍𝐨𝐮 𝐛𝐞𝐬𝐤𝐢𝐤𝐛𝐚𝐚𝐫 𝐛𝐲 𝐨𝐟 𝐣𝐨𝐮 𝐧𝐚𝐚𝐬𝐭𝐞 𝐤𝐰𝐞𝐤𝐞𝐫𝐲!

12/09/2026

JJ sê: Gebruik ’n gewone hark om die bolaag eweredig te versprei, of ’n ryhout as jy die oppervlak ekstra gelyk wil hê.

Daar is twee (2) kritieke stappe vir sukses: gereelde natmaak en geen snywerk vir minstens ’n maand.

1️⃣Hou die grasperk daagliks klam, maar moenie dit verdrink nie, die doel is net om die grondkors sag te hou sodat die gras maklik deur die bolaag kan groei. Omdat die kompos en sand bo‑op die gras lê, word dit maklik deur die grassnyer opgetel voordat die gras deurgebreek het.

2️⃣Daarom is dit belangrik om die grasperk vir ongeveer ’n maand nie te sny nie, sodat jou harde werk nie ongedaan gemaak word nie.



12/09/2026
12/09/2026

JJ sê: Soos die temperature begin styg, is dit die ideale tyd om ons grasperke ’n hupstoot te gee en hulle ná die winter weer mooi aktief te kry vir die somer. Die regte oomblik om dit te doen is wanneer die weer konstant warmer raak én jy ’n bietjie reën kry. In die Suid‑Kaap is dit nou die perfekte venster, terwyl die binneland binne die volgende paar dae tot weke ’n goeie tyd sal hê, behalwe natuurlik as jy ’n boorgat het, want dan hoef jy nie op reën of dorpswater staat te maak nie.

Onthou dat mens nie op alle grassoorte ’n bolaag gooi nie. Warmseisoen‑grasse soos Kikuyu en Skaapplaas reageer uitstekend op ’n bolaag en groei vinnig daaroor. Vir LM‑gras en buffelsgras moet jy egter gewone kompos gebruik as ’n ligte deklaag - nie bogrond nie, om te voorkom dat die gras versmoor of ongelyk groei.



05/09/2026

JJ sê: Carissa macrocarpa (Num num) is ’n geharde, glansende struik wat die hele jaar pragtig lyk met donkergroen blare, sterwit blomme en helderrooi eetbare vrugte. Dit groei vinnig, verdra wind, sout en droogte, en maak ’n uitstekende heining (Dorings ook ’n bonus as veiligheids heining) of windbreker. Die vrugte is heerlik vars of in konfyt, en die plant se lae instandhouding en natuurlike weerstand teen peste maak dit ’n topkeuse vir enige tuinier wat praktiese waarde soek.

𝐍𝐨𝐮 𝐛𝐞𝐬𝐤𝐢𝐤𝐛𝐚𝐚𝐫 𝐛𝐲 𝐨𝐟 𝐣𝐨𝐮 𝐧𝐚𝐚𝐬𝐭𝐞 𝐤𝐰𝐞𝐤𝐞𝐫𝐲!



29/08/2026

JJ sê: Ons plant van die week is die Chinese jasmyn - Jasminum polyanthemum. Die perfekte geurige rankplant vir daai onmiddellike wow‑faktor. Hierdie Jasmyn bars nou eersdaags uit met honderde pienk knoppe wat oopgaan in klein wit geuige sterretjies.

Baie mense beskryf dit as Super geure blomme wat enige pergola, boog of heining omskep in ’n romantiese blomme prag. Dit groei vinnig, blom oorvloedig en gee jou tuin daardie parfuum‑vars gevoel. ’n Must‑have vir geur, kleur en dramatiese impak.

𝐍𝐨𝐮 𝐛𝐞𝐬𝐤𝐢𝐤𝐛𝐚𝐚𝐫 𝐛𝐲 𝐨𝐟 𝐣𝐨𝐮 𝐧𝐚𝐚𝐬𝐭𝐞 𝐤𝐰𝐞𝐤𝐞𝐫𝐲!



29/08/2026

JJ sê: Die Rooi-Ivoor (Berchemia zeyheri) is ons tweede minder bekende boom vir die boom van die jaar. Dis ’n pragtige, inheemse boom wat bekend staan vir sy warm rooi bruin hout, elegante vorm en sterk ekologiese waarde. Hierdie boom groei natuurlik in bosrande en valleie, waar dit voëls en wild lok met sy klein geel vrugte.

Rooi_Ivoor is uiters gehard, verdra warm somers en koue winters en ontwikkel tot ’n statige landskapboom met glansende, donkergroen blare. As die tweede Boom van die Jaar word Berchemia zeyheri gevier vir sy duursaamheid, skoonheid en belangrike rol in Suid Afrikaanse biodiversiteit – ’n ware juweel vir tuine en natuurgebiede. Die boom kan tot en met 12m hoog word en sprei redelik meer aan die bokant met sy blink donkergroen blaar massa.



29/08/2026

JJ sê: Volgende week is boomplant week en ons het weer twee bome van die jaar. Kom ons begin met die meer bekende en geharde een - Die wilde olyf. Die Wilde Olyf (Olea europaea subsp. africana) is een van die bekendste Suid Afrikaanse bome wat met sy ongelooflike geharde, droogte bestandheid en vermoë om swaar winterryp te hanteer.

Hierdie immergroen staatmaker het silwer groen blare, growwe bas en ’n rustige, tydlose teenwoordigheid wat enige tuin of landskap verhef. Dit groei stadig maar standvastig, bied skadu, lok voëls en is uiters geskik vir waterwys tuine. As boom van die jaar vier die Wilde Olyf die krag van ons inheemse plante – gehard, elegant en perfek vir tuiniers wat ’n betroubare, langlewende boom wil hê wat min vra en baie gee. Groei in vol son, tot en met 6m in deursnee en so 8m in hoogte.



Address

Beyers Naude Drive
Muldersdrift
2040

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 17:00
Sunday 09:00 - 16:00

Telephone

+27119572046

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Garden World Nursery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Garden World Nursery:

Shortcuts

Share

Category