Boeretrots Winkel

Boeretrots Winkel Geskenke, gebruiksartikels en dekoritems van materiaal spesiaal ontwerp om Boere se kulturele trots

Kleinvoet Olifant en Kamilla Kameelperd is, danksy die grasietyd van die grendelstaat, in die lewe geroep vir die Boeret...
05/05/2020

Kleinvoet Olifant en Kamilla Kameelperd is, danksy die grasietyd van die grendelstaat, in die lewe geroep vir die Boeretrotsversameling.

Boeretrotsprodukte is beskikbaar by Trots Oraans, by Orania Uitrusters by Stokkiesdraai. Ondersteun ook die ander Orania...
19/10/2018

Boeretrotsprodukte is beskikbaar by Trots Oraans, by Orania Uitrusters by Stokkiesdraai. Ondersteun ook die ander Oraniaprodukte!

Trots Oraans se stalletjie - by die Orania Karnaval!

Boeretrots se materiaal word in Adam se Uitspanning ingespan!
21/11/2017

Boeretrots se materiaal word in Adam se Uitspanning ingespan!

Lekker gekuier ook, met gemmerbier en Abraham se boerebrood!
02/06/2017

Lekker gekuier ook, met gemmerbier en Abraham se boerebrood!

02/06/2017

Baie dankie aan almal wat deel daaraan gehad het om die wa by Adam se Uitspanning te kry! Jan Beyers se span het die eerste bult getakel. Daarna het verskeie trekkers/stoters/slepers en meelopers die wa tot net voor die Kambro Ekopark se uitdraai gekry, waar die Van Wyk-span hom verder gevat het en die Boshoff-span tot by die Uitspanning uitgekom het. Almal se entoesiasme en meelewing word baie waardeer!

02/06/2017
Bekendstelling 31 Mei 2017. Gaan tuis in 'n gerestoureerde ossewa en kyk of jy dieselfde murg in jou pype het as jou voo...
26/05/2017

Bekendstelling 31 Mei 2017. Gaan tuis in 'n gerestoureerde ossewa en kyk of jy dieselfde murg in jou pype het as jou voorgeslagte! Ons vertrek om 11:00 vanaf die Pêrellaankruising per ossewa (getrek deur Oraniërs) na die Kambro Ekopark. Bring jou piekniekmandjie en kom span saam uit! Bittereinderdag hoef nie bitter te eindig nie...

Ons vere is reggeskud vir die tuinmark!  Saterdag, 17 Desember vanaf 09:00 - 14:00 op die hoek van Pêrellaan & Saffierst...
16/12/2016

Ons vere is reggeskud vir die tuinmark! Saterdag, 17 Desember vanaf 09:00 - 14:00 op die hoek van Pêrellaan & Saffierstraat, by die ingang van die dorp (Orania). Die fietswyntoer sal ook by ons tuinmark aandoen vir 'n wyn- en droëworsproe. Kom kyk, kom koop, kom kuier, kom geniet!

12/12/2016

Voortrekkerkappies vir elke dag se dra is dikwels gemaak van Duitse sis. Hierdie katoenmateriaal is in die Ooste vervaardig en was met indigo-blou patrone bedruk. Vir die lang skeepsreise is die materiaal met stysel behandel, en dit is ook waarom dit aanvanklik so styf voel. Handelaars het die sis in die binneland verkoop en die blou sis was baie gewild onder Afrikanervroue. In die 19de eeu is blou sis in grootmaat in fabrieke en Duitsland en Engeland vervaardig.
Later is sis ook in Suid-Afrika vervaardig as "shweshwe" en word gedruk met herhalende etniese patrone en ook in verskillende helder kleure. Sis staan steeds in Europa bekend as "blauwdruk". Die gewildheid van sis het 'n herlewing ondergaan en ontwerpers in Suid-Afrika en Europa gebruik sis weer graag.
Of dit nou Duitse sis, blauwdruk of shweshwe is, dit kombineer lekker saam met Boeretrots se unieke materiaal en gee 'n tradisionele en inheemse kleur aan Boeretrots Winkel se kappies en onderbaadjies. Omhels jou Boereverlede, Europese- en Afrikawortels en kom kry jou kappie!

Ons vier op Vrydag, 16 Desember Geloftedag. Trek vir 'n slag tradisioneel aan, en wys dat jy identifiseer met jou volk s...
12/12/2016

Ons vier op Vrydag, 16 Desember Geloftedag. Trek vir 'n slag tradisioneel aan, en wys dat jy identifiseer met jou volk se geskiedenis, tradisies en waardes. Onderbaadjies en kappies van verskillende kleure sis, met Boeretrots se ontwerpersmateriaal as keerkant, is beskikbaar by Oudemeester by Stokkiesdraai (Orania). Of stuur 'n SMS na [email protected] en ons kyk hoe vinnig kry ons dit by jou.

22/11/2016

NS Op die Orania Vakansieprogram sal jy sien daar is nog 'n Tuinmark op Vrydagmiddag, 23 Desember. Ons gaan laatmiddag ook Kersmusiek maak en almal is welkom om te kom sing of speel.

Address

Orania

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Boeretrots Winkel posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Boeretrots Winkel:

Share