Die Trommel Orania

Die Trommel Orania Welkom by Die Trommel — Orania se gemeenskapswinkel en die Karoo se bestemming vir tweedehandse skatte, verrassende vondse en goeie winskopies.

Elke besoek aan Die Trommel is ’n nuwe avontuur. Die Trommel ondersteun Orania Helpmekaar se werksaamhede.

Die Trommel verkoop nie net klerasie nie, daar is 'n legio items op ons rakke.  In besonder LINNE!  By Die Trommel sal j...
14/09/2026

Die Trommel verkoop nie net klerasie nie, daar is 'n legio items op ons rakke. In besonder LINNE! By Die Trommel sal jy werklik iets mooi vir jou kooi vind.

11/09/2026

Dankie aan ons vrywilligers!

Orania is reeds so skoon, dit gaan nie 'n lang RUK wees nie, dan is ons deure weer oop!  Sien julle tussen 13:00 en 17:0...
10/09/2026

Orania is reeds so skoon, dit gaan nie 'n lang RUK wees nie, dan is ons deure weer oop!

Sien julle tussen 13:00 en 17:00!

09/09/2026

Al die veld is vrolik! Iets moois vir die voller figuur.

Donderdag 10 September was ons skoene in diensbaarheid by Die Trommel tussen 10:30 en 14:00.Ons nooi elke Oraniër om ons...
08/09/2026

Donderdag 10 September was ons skoene in diensbaarheid by Die Trommel tussen 10:30 en 14:00.

Ons nooi elke Oraniër om ons by te staan in die diens ons aan die gemeenskap lewer en om heerlik saam te kom kuier oor seepbelle en skropborseltjies deur.

Koffie, tee en alle skoonmaaktoebehore word voorsien. Bring jou eie handskoene. Kinders is welkom en sal ook konstruktief ingespan word.

Sarie Marais is nou vêr van ons af...Dit is tyd vir ons Lente-venster facebook kompetisie!Hoe wen jy ñ R100.00 Trommel g...
04/09/2026

Sarie Marais is nou vêr van ons af...Dit is tyd vir ons Lente-venster facebook kompetisie!

Hoe wen jy ñ R100.00 Trommel geskenkbewys aan die einde van September?

Kom neem ñ foto van jouself voor een van ons geverfde vensters en merk "Die Trommel Orania" in jou foto op facebook.

DIT IS SO MAKLIK!

Die wenner word op 26 September aangekondig (Net betyds vir ñ pre- Karnavalkopie)

BONUS INSKRYWING: As jy vir ons kan sê wie dié gedig se skrywer is?

Die Trommel Orania  is 'n instelling daargestel vir ons gemeenskap wat ook deur die gemeenskap onderhou word.  Die Tromm...
03/09/2026

Die Trommel Orania is 'n instelling daargestel vir ons gemeenskap wat ook deur die gemeenskap onderhou word.

Die Trommel Orania staan Orania Helpmekaar by om verskeie belangrike maatskaplike funksies in die dorp te verrig.

Reik gerus uit na die oulike span by Orania Helpmekaar indien jul weet van 'n gesin of individu wat in nood verkeer.

Sonder jul skenkings en ondersteuning sal hierdie maatskaplike bystand nie moontlik wees nie. Opregte dank aan al ons bydraers!

03/09/2026

Vars gehang!
By Die Trommel Orania pak ons daagliks nuwe voorraad uit. Daar is altyd iets nuuts om te ontdek.

Het jy al 'n uitrusting vir  ?  Kry jou spesiale pakkie vandag by Die Trommel Orania  teen 'n gawe afslagprys!
01/09/2026

Het jy al 'n uitrusting vir ? Kry jou spesiale pakkie vandag by Die Trommel Orania teen 'n gawe afslagprys!

Woensdag is winskoop-dag by Die Trommel MAAR hierdie Woensdag hou ons ook ons heel eerste whatsapp virtuele winkel op wh...
31/08/2026

Woensdag is winskoop-dag by Die Trommel MAAR hierdie Woensdag hou ons ook ons heel eerste whatsapp virtuele winkel op whatsapp.

Maak seker jy en jou kennisse is aangesluit voor Woensdag aand 19:00!

Stuur vir ons 'n boodskap op facebook messenger met jou selnommer en ons voeg jou by op whatsapp.

Address

Olienhout Rylaan
Orania

Opening Hours

Monday 10:30 - 17:30
Tuesday 10:30 - 17:30
Wednesday 10:30 - 17:30
Thursday 10:30 - 17:30
Friday 10:30 - 17:30
Saturday 09:00 - 13:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Trommel Orania posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share