29/08/2026
Pêrels in die Paarl Vrouefees by Nantes-Vue guest house Margeaux Heydenrych Trish Cunningham Elke vertrek, elke hoekie en elke oomblik was gevul met skaterlag, trane van blydskap, mooi gesprekke en nuwe motivering. 🌸
Vroue het mekaar gevind, stories gedeel, geluister, geleer en mekaar opnuut geïnspireer.
Van die ongelooflike vroue wat hul produkte en talent kom deel het, tot elke spreker, besoeker en ondersteuner — elkeen het op ’n besondere manier ’n hart aangeraak.
Ons het gesien hoe vroue om elke hoek en draai inspirasie vind. Ons het gelag. Ons het gehuil. Ons het nuwe mense ontmoet. Ons het mekaar bemoedig. En ons het besef: wanneer vroue bymekaar kom met oop harte, kan iets besonders gebeur.
Pêrels in die Paarl was vir ons ’n droom… maar hierdie naweek het daardie droom ’n lewende, asemhalende ervaring geword. 🤍
Aan elke vrou wat deel was van hierdie ongelooflike naweek:
BAIE DANKIE. Jy was deel van die magie. ✨
Met ’n hart vol dankbaarheid kyk ons terug en sê net:
Dit was nie net ’n fees nie… dit was ’n gevoel. ’n Herinnering. ’n Pêrel. 🤍🌸
Pêrels in die Paarl — waar vroue mekaar vind, inspireer en laat skitter.
The Wellness Club Royale Afrique du Sud Felicia Kotze Mooi Gem - Holistic You Carla Else Mariska Jansen Van Vuuren Marisa de Vries Elbie Nieuwoudt Nieuwoudt Charlene Elliott Conversations That Matter Champagne De Kleijne Bos Lizelle Lock Bianca Ann Welsh Anoek Leather TOPS at SPAR Mariechen Brand Natasha Jansen Van Rensburg &skincare