Ons Winkel Piketberg

Ons Winkel Piketberg Met jou ongewensde items kan ons letterlik wonderwerke verrig! Die Ons Winkel skenkingswinkel dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur.

Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse asook gemeenskapshulp beskikbaar. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít rea

liseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

03/06/2026
Pragtige kopstukke en oulike koffietafelkie beskikbaar by Ons Winkel Piketberg! Gaan loer in!
26/05/2026

Pragtige kopstukke en oulike koffietafelkie beskikbaar by Ons Winkel Piketberg! Gaan loer in!

Stunning nuwe klere uitgepak! Die pragtigste winters klere teen die laagste pryse! En ons het spesiaal 'n nuwe rak gemaa...
25/05/2026

Stunning nuwe klere uitgepak! Die pragtigste winters klere teen die laagste pryse! En ons het spesiaal 'n nuwe rak gemaak vir julle wat gevra het vir somers klere! Soos gewoonoik teen mal goedkoop pryse! Kom loer in!

Hi almal! Skoen uitverkoping by Ons Winkel Piketberg! Alle skoen half prys! Ja 50% af slegs vandag! Gaan loer in voor al...
22/05/2026

Hi almal! Skoen uitverkoping by Ons Winkel Piketberg! Alle skoen half prys! Ja 50% af slegs vandag! Gaan loer in voor als weg is! Hoofstraat 26 langs Raimondis oorkant ABSA bank.

Hi almal! Maak seker om by Ons Winkel piketberg te gaan inloer die naweek! Nuwe voorraad uitgepak met baie wintersklere ...
08/05/2026

Hi almal! Maak seker om by Ons Winkel piketberg te gaan inloer die naweek! Nuwe voorraad uitgepak met baie wintersklere asook baie huisware! Gaan vinnig voor als weg is!
Waar anders kan jy winter baadjies kry vir sulke mal pryse?!?! Hoofstraat 26 Piketberg, oorkant ABSA bank langs Raimondis.

Nuwe voorraad!Winter is hier! Kom vinnig voor als weg is!
04/05/2026

Nuwe voorraad!
Winter is hier! Kom vinnig voor als weg is!

Ons is oop more!!! Oorkant ABSA bank reg langs Raimondis.
30/04/2026

Ons is oop more!!! Oorkant ABSA bank reg langs Raimondis.

Hi almal! Pragtige toppies vir die pragtige voller figuur, kom loer in! Altyd iets vir almal teen bekostigbare pryse. On...
30/04/2026

Hi almal! Pragtige toppies vir die pragtige voller figuur, kom loer in! Altyd iets vir almal teen bekostigbare pryse. Onthou ook ons het n hoop klere vir slegs R5!!!!

Hi almal. Uit ons mooi en mollig afdeling, pragtige klere vir die pragtige voller figuur! Kom loer in!
29/04/2026

Hi almal. Uit ons mooi en mollig afdeling, pragtige klere vir die pragtige voller figuur! Kom loer in!

Address

26 Hoofstraat Straat
Piketberg
7320

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 12:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Piketberg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Piketberg:

Shortcuts

Share