29/07/2026
🌱 Saai waar jy ploeg.🌱
Vanaand het ons met dankbare harte 26 soppe en vetkoeke, 6 hotdogs en 6 pizzasnitte uitgedeel aan mense in ons gemeenskap.
Vir ons gaan besigheid oor meer as net wins – dit gaan daaroor om terug te gee waar ons kan. Daarom wil ons, soos ons klein besigheid groei, al hoe meer in ons gemeente en gemeenskap belê.
Ons is ongelooflik dankbaar vir elke persoon in Piketberg wat ons klein besigheid ondersteun. Sonder julle sou ons nie hierdie verskil kon maak nie. Julle ondersteuning maak dit moontlik dat ons weer kan teruggee.
Ons wil ook graag al die besighede in ons omgewing uitdaag: Kom ons saai saam terug in ons gemeenskap. Elke klein gebaar maak 'n groot verskil, en saam kan ons hoop bring waar dit die nodigste is.
❤️ Saai waar jy ploeg. Gee terug waar jy leef.