23/07/2026
ᴀɢᴛᴇʀ ᴇʟᴋᴇ ᴘʀᴏᴊᴇᴋ, ᴀɢᴛᴇʀ ᴇʟᴋᴇ ɢʟɪᴍʟᴀɢ, ᴀɢᴛᴇʀ ᴇʟᴋᴇ ʟᴇᴡᴇ ᴡᴀᴛ ᴠᴇʀᴀɴᴅᴇʀ, ꜱᴛᴀᴀɴ 'ɴ ꜱᴘᴀɴ ᴡᴀᴛ ᴏᴍɢᴇᴇ.
Hierdie is die ongelooflike span wat die Wes-Kaapstreek van Helpende Hand aan die gang hou.
Aan die stuur is Alisha de Lange, Streekbestuurder, en Lize van Zyl, Maatskaplike Bestuurder. Soos húlle self vandag sê, is die personeel van Solidariteit Helpende Hand - Wes-Kaap Streek een van die streek se sterkste bates.
Van die Weskus, deur die hart van die sentrale Wes-Kaap tot Beaufort-Wes en Plettenbergbaai ... hierdie dames droom groot, d**k planne uit, bou vennootskappe, mobiliseer vrywilligers en sorg dat elke projek 'n werklike verskil in mense se lewens maak.
.. maar hulle kan dit nie alleen doen nie ...
🤝 Ons het JOU nodig.
As jy 'n hart het om jou dorp 'n beter plek te maak, sluit by ons vrywilligerspan aan. Jy hoef nie alles te kan doen nie, net bereid wees om iets te doen. Saam kan ons hoop bring waar dit die nodigste is.
📍 Ons het hande en voete nodig in ELKE dorp in die Wes-Kaap.
Stuur gerus vir ons 'n boodskap as jy meer wil weet oor hoe jy betrokke kan raak. Gaan loer ook na van die projekte waarmee ons besig is by www.weskaaphand.co.za.
'n Klein daad van omgee kan iemand se hele wêreld verander. Word deel van die verskil!