10/09/2026
RUAH - Wees Gekoester deel 3 praktiese maniere om plek te maak vir die nuwe seisoen:
๐Gee jou kombuis โn vars begin.
Maak jou kombuistoonbanke leeg, vervang dalk seephouers wat โn oogseer is en pak toestelle weg wat jy selde gebruik. Bring โn bietjie lewe terug met vars blomme of โn plant. โn Rustiger ruimte vir die besiger maande wat voorlรช.
๐Maak jou badkamerkas ligter.
Gaan deur jou toiletware, velsorg en grimering. Gooi produkte weg wat oud of verval het, gebruik diรฉ wat amper klaar is, maak die rakke skoon en hou net dit wat jy werklik gebruik. Minder produkte, โn eenvoudiger roetine.
๐๏ธ Skep weer rustigheid in jou slaapkamer.
Maak jou bedkassie en laaie skoon en raak ontslae van alles wat onnodig rondlรช. Hou net โn paar dinge wat deel van jou roetine is โ jou boeke, โn kers of iets persoonliks wat vir jou mooi is. โn Ruimte wat jou aan die einde van die dag tot rus bring.
Want RUAH โ om asem te skep - is meer as net produkte. Dis is โn leefstyl. โn Manier om plek te maak vir eenvoud, rustigheid en die dinge wat werklik saak maak.
Besoek De Rooie Deur Geskenkwinkel vir jou unieke Ruah lyfsorg produkte.
๐ฟ๐ค๐ฟ