31/08/2026
Boekklas 29 Augustus.
Elke klas wat ek gee is n dag vol ervaring, skepping, lekker gesels en selfs ek sal iets nuut by iemand leer terwyl ek vir hulle n tegniek of twee of sewe leer..
Daar is nooit n fout wat nie reggemaak kan word nie, nooit n fout waarvoor ons nie kan lag nie.. Altyd is daar iets fantasmagories aan die gebeur en elkeen gaan huistoe met iets waarmee hulle kan spog en sê...
I did that!
Dankie Karien, Stella, Mari en Arista dat julle my dag opgevrolik het!
Ek sien uit na die volgende klas
Die naweek eers tyd saam familie, volgende naweek gaan ek iets leer en dan n heerlike kreatiewe steampunk klas op die 19de Sept
Alle Beginners veral, welkom....