28/06/2026
Vendor versoek aan bruidjies :
As 'n wedding vendor ontvang ek gelukkig baie navrae oor trou dekor en blomme, en daarvoor is ek ongelooflik dankbaar. 🤍
Maar iets wat ek graag met toekomstige bruide wil deel...
Wanneer julle 'n kwotasie aanvra, help ons asseblief met soveel moontlik inligting. 'n Datum, venue en aantal gaste alleen is ongelukkig nie genoeg om 'n akkurate kwotasie op te stel nie.
Ons vra nie baie vrae omdat ons nuuskierig is nie – ons vra dit omdat elke antwoord 'n verskil maak aan die finale koste en ontwerp. Dinge soos:
🤍 Julle styl en inspirasie
🤍 Watter dekor julle benodig
🤍 Waar blomme gebruik moet word
🤍 Kerse, vase, linne, stationery, ens.
🤍 En ja... julle begroting.
Die woord "begroting" maak baie bruide ongemaklik, maar dit is eintlik een van die belangrikste vrae. Daar is 'n groot verskil tussen 'n blom-begroting van R10 000 en een van R50 000. As ons weet waarmee ons werk, kan ons die mooiste voorstel binne julle begroting saamstel, eerder as om iets te stuur wat heeltemal buite bereik is.
En as julle besluit om nie voort te gaan nie, is dit ook heeltemal reg. Laat weet ons net. 'n Eenvoudige "Dankie, ons het besluit om 'n ander rigting te gaan" word altyd waardeer. 🤍
Ons wil regtig help om julle droomdag 'n werklikheid te maak, maar ons kan dit net doen as ons al die nodige inligting het.
Help ons om julle beter te help. 🌿✨